Header Artwork

AfriForum se privaat vervolgingseenheid en Solidariteit Helpende Hand het betrokke geraak by families van slagoffers van die Life Esidimeni-tragedie en wil toesien dat daar vir hulle geregtigheid kom na die onmenslike dood wat hul geliefdes gesterf het.

Ná vyf jaar is daar nog geen stappe ná die tragedie nie en die geregtelike doodsondersoek is nou weer tot 30 Augustus uitgestel. Die algemene gevoel is dat dié saak onnodig sloer en geregtigheid vertraag word.

In die ondersoek moet vasgestel word of iemand aanspreeklik gehou kan word vir die dood van 144 psigiatriese en verstandelik gestremde pasiënte wat in 2016 gesterf het nadat die Gautengse Departement van Gesondheid hulle van Life Esidemeni-geriewe na nieregeringsorganisasies oorgeplaas het waar die omstandighede en behandeling haglik was. Die pasiënte is aan verhongering, ontwatering en verwaarlosing dood.

Adv. Gerrie Nel, hoof van die privaat vervolgingseenheid, sê die slagoffers was die mees kwesbare individue in die samelewing wat aan onmenslike lyding blootgestel is. “Dit is belangrik dat geregtigheid moet seëvier sodat daar berusting vir hul familielede kan kom.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN