Die AfriForum-teater het vandag op ’n hoogtepunt sy deure geopen. Dié teater, met plek vir meer as 380 teatergangers, is in die hartjie van Menlopark in Pretoria geleë. Die akteur Frank Opperman het vandag die skrywer en dramaturg Dana Snyman se gewilde Donkie opgevoer. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, beskryf die teater as die nuwe bymekaarkomplek vir die Afrikaanse kunste. “Dis ’n teater vanuit die gemeenskap, vir die gemeenskap,” sê hy.