Header Artwork

Deur: Leandie Bräsler

Afknouery is skadelike of aggressiewe gedrag wat op ’n aanhoudende en deurlopende wyse plaasvind en spesifiek gerig word op ’n leerder met minder gesag en selfvertroue as die boelie.

Verbale afknouery is wanneer die boelie kinders beledig, op ’n neerhalende wyse die spot met hulle dry fen dreigemente uiter.

Emosionele afknouery is wanneer negatiewe aksies herhaal word – maar nie noodwendig op ’n fisiese of verbal manier nie – en gebruik word om ander aspris emosioneel seer te maak deur bv. skinderstories te versprei, sosiale uitsluiting, om iemand se besittings te steel, te vernietig of te beskadig, intimidasie deur gebare of dreigemente en kuberafknouery.

Fisiese afknouery is wanneer die boelie sy liggaam gebruik om die slagoffer aft e knou, byvoorbeeld om iemand te skop, te slaan, te knyp of te boks. Hierdie vorm van afknouery kan makliker as verbal en emosionele afknouery raakgesien word.

Kuberafknouery word gedefinieer as ’n optrede waardeur iemand (die slagoffer) geteister, verneder, gedreig of in ’n verleentheid gestel word deur elektroniese metodes, soos blitsboodskappe, e-posse of sosiale media. Selfone, tablette en die internet word deur kinders gebruik om vir mekaar lelike boodskappe te stuur, om gemene kommentaar op iemand se foto’s te lewer, om haatgroepe te stig en om foto’s van die persoon sonder hulle toestemming op te laai wat hulle ontsteld en skaam laat voel.

Anonieme kuberafknouery is wanneer ’n persoon ander afknou deur van tegnologie of elektroniese toestelle gebruik te maak om sy/haar identiteit te verbloem. Dit kano or selfone of oor die internet of aanlyn gebeur.

Op 7 Maart 2019 deel The Citizen ’n spotprent van skoolkinders wat in die straat verby ’n lamppaal loop met ’n advertensiebord van The Citizen wat lui: “SCHOOLS TURNED INTO WAR ZONES”. Die leerders se gesigsuitdrukkings kom wreedaardig voor – tande wat op mekaar kners, oë wat op skrefies trek met ’n frons wat prominent op die voorkop sit. Elke leerder dra ’n wapen. Die een dra ’n mes, die ander ’n pistool en die ander een ’n skêr.

Die kabinet het onlangs kommer uitgespreek oor die stuiging van afknouery/boeliery, geweld en rooftogte, wat in sekere skole plaasvind. Sedert die begin van die jaar was daar verskeie voorvalle van afknouery/boeliery en geweld wat tussen leerders of tussen leerders en onderwysers plaas gevind het. Madan Motlhamme (13) was met ’n mes in die maag gesteek deur ’n klasmaat by die Mateane Primary School in Noordwes wat gelei het tot sy dood; vyf leerders tussen die ouderdomme van vyftien- en sestienjaar van Flora Park in Polokwane wat Thoriso Themane aangeval en vermoor het. ’n Sestienjarige leerder van die Mpheko Primary School in Peddie was in die rug gesteek na ’n argument met ’n medeleerder terwyl hulle op die speelterrein was. Twee leerders van Lenasia Secondary School is geskors nadat ’n video op sosiale media versprei het oor hoe die leerer die onderwyser aanval. Hierdie is net ’n paar vandie gebeure wat sovêr in hierdie jaar plaasgevind het. Om meer hieroor te lees gaan na: https://www.sanews.gov.za/south-africa/prevent-schools-becoming-death-traps?fbclid=IwAR0Bx3LgBOI_Iwua033Payz8NgGatC1YXg_ItfHXDuXeTjqx_vWeJ2dp6cw.

Iets wat onlangs opslae gemaak het, is die sogenaamde “Momo-uitdaging”. Dit is ’n tipe boelietaktiek wat aanlyn plaasvind en kan na bewering veroorsaak dat kinders hulle self kan seermaak of dit kan veroorsaak dat kinders hulle eie lewe neem. Momo word geidentifiseer, volgens inligting wat op sosiale media versprei is, as ’n gedrogkarakter met ’n groot aansitglimlag en groot oë wat op die selfone en rekenaars van kinders verskyn. Hierdie uitdagings word op YouTube, WhatsApp en Facebook gedeel en die opdragte moet uitgevoer word sodat jy in verbinding met Momo kan tree. Daar is dus nog geen bevestiging van die “Momo-uitdaging” in Suid-Afrika of iets wat daarmee verband hou nie, maar ouers moet nogsteeds paraat wees vir hierdie tipe fenomene. Vir meer inligting oor die “Momo-uitdaging” kan die volgende artikel nagekyk word: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ouers-rasend-oor-gevare-van-momo-uitdaging/.

Parent24 het onlangs berig dat ouers paraat moet wees oor YouTube video’s wat moontlik onderbreek mag word deur selfmoordwenke. Vir ouers is dit belangrik oor wat hulle kinders mag kyk en wat hulle nie mag kyk nie. Daar is bv. ouderdomsbeperkings vir programme op TV, videospeeltjies en films, maar die internet maak hierdie tipe dinge bietjie meer ingewikkeld. Fox 4 Now meen dat alhoewel video’s op die toep na animasie lyk, het party van hierdie video’s dele wat gelas is in wat nie noodwendig vir kinders, of eintlik vir enige persoon is nie – maar dit is op kinders gemik. Die YouTube-poetsbakker, Filthy Frank se video word hier gewys waar hy selfmoordwenke aan kinders gee (nie vir sensitiewe kykers nie): https://www.youtube.com/watch?v=BljeROiohuc. Vir meer inligting rondom hierdie voorvalle kan na die volgende artikel verwys word: https://m.parent24.com/Family/Parenting/moms-and-dads-the-youtube-videos-your-kids-are-watching-may-be-interrupted-by-suicide-tips-20190226?fbclid=IwAR2Y5Xnm5peKYRFfWiQXKciUX2g97uUv88wQD4-bDsgK-qSUAukbnGTeJcU.

Boelies kan strafregtelik vervolg word – of dit nou fisiese, verbale, emosionele, of kuberafknouery is. Boeliery/afknouery is nie noodwendig ’n misdaad self nie, maar gedrag wat in hierdie kategorie van voeliery/afknouery val kan as misdaad gekategoriseer word, volgens Megan Harrington-Johnson, die besturende vennoot en stigter van HJW Attorneys. Sy noem ook dat ’n minderjarige wat skudig bevind word van boeliegedrag nie noodwendig tronkstraf sal kry nie, maar dat die minderjarige ’n diversion programme sal bywoon wat met die bestuur van woede sal werk en berading sal ontvang. Vir meer inligting rondom hierdie saak, verwys ons na die volgende video en artikel: https://www.enca.com/news/bullying-could-be-criminally-prosecuted?utm_term=Autofeed&fbclid=IwAR2ay9WNDZLnjm9OB4dzucqdRTCmH2Wy3f8xmGsh1KCL9GKK2QjPRHUkW-s. Kinders kan van die ouderdom so jonk soos 10-jaar vervolg en vir die gedrag van boelie aangekla word. Ouers en hul kinders kan dus self ’n hofbevel ingevolge die Wet op die Beskerming teen Teistering teen boelies kry (Vir meer inligting: https://www.netwerk24.com/Nuus/Onderwys/selfs-10-jarige-boelies-kan-vervolg-word-20190221#loggedin.

Boeliery/afknouery is waarlik ’n ernstige probleem in ons samelewing. Onlangs het daar ook ’n 13-jarige meisie van Pretoria-Noord haar eie lewe geneem nadat sy glo op WhatsApp geboelie is. Lees meer: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/13-jarige-sterf-byna-nie-kans-om-te-reageer-op-boeliegedrag/.

Wat kan ek doen as ek die slagoffer van anonieme kuberafknouery is?

  1. Laat jou stem hoor – Maak seker dat jy vir iemand vertel wat besig is om aan te gaan. Dit kan ’n vriend wees of ’n volwasse persoon wat jy vertrou. Dit is bitter belangrik dat jy nie alleen en in stilte moet ly nie.
  2. Moenie terugantwoord nie – Persone wat ander mense anoniem afknou, wil gewoonlik ’n reaksie uitlok, maar deur nie op die boodskappe te reageer nie, verseker jy dat die boelie nie enige vorm van bevrediging beleef nie.
  3. Bewaar die bewyse – Dit is baie belangrik vir ingeval die afknouery erger raak. ’n Foto of skermgreep is ’n doeltreffende en vinnige manier om bewyse te stoor.
  4. Rapporteer – Die meeste sosiale netwerke het ’n manier om negatiewe inhoud op hul platform te rapporteer. Maak seker dat jy weet waar dit is en moenie bang wees om dit te gebruik nie. Dit is vinnig en effektief om enige aanstootlike boodskappe of foto’s af te haal. As jy afgeknou word waar selfone gebruik word, kan jy ook met jou selfoonnetwerk skakel, wat jou verder sal lei in hierdie verband.
  5. Blokkeer – Die meeste sosiale netwerke het ’n blokkeer-opsie wat jou toelaat om interaksies met ander gebruikers te stop. Inligting oor hoe dit gedoen kan word, verskyn gewoonlik in die platform se veiligheidsentrum. Op selfone kan dit gewoonlik onder “settings” gedoen word.
  6. Privaatheidstellings – Met die meeste sosiale netwerke kan jy jou privaatheidstellings so verander dat jy nie interaksie met mense kan hê met wie jy nie wil kommunikeer nie.
  7. Polisie – Wanneer jy dink dat ’n voorval ernstig genoeg is om as ’n strafbare oortreding beskou te word, kan jy jou plaaslike polisiekantoor kontak en die saak rapporteer. Skakel die Polisie by 10111 OF Childline South Africa by 08000 55 555.

AfriForum se teenboelieveldtog besoek laerskole ter bewusmaking van boeliegedrag en wat gedoen kan word om afknouery in skole hok te slaan.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN