Header Artwork
COVID-19 kry Bethal-tak nie onder nie

AfriForum se Bethal-tak woeker ten spyte van die COVID-19-pandemie en het gedurende die staat van inperking reeds verskeie projekte voltooi.

Meer as 3 ton pampoene is deur die tak ingesamel en na behoeftiges in Bethal, Hendrina en Morgenzon versprei. Die oorskot is na Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo in Witbank geneem. Meer as R30 000 se langlewemelk is ook ingesamel en aan behoeftiges in Bethal, Secunda en Standerton geskenk.

Verder het die tak grond begin voorberei vir ’n groentetuinprojek in samewerking met die Bethal-sopkombuis en Helpende Hand se Bethal-tak. Dié projek behels die oprig van ’n groentetuintonnel en die verbouing van groente onder nette. Die doel van die projek is om die las van organisasies soos die sopkombuis en Helpende Hand te verlig deur hulle in staat te stel om hul eie vars groente te verbou.

“Ons is dankbaar om hande te vat met ander organisasies in hierdie tyd – vele hande maak ligte werk en ons kan soveel meer mense volhoubaar in hierdie moeilike tyd bystaan,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Bethal se polisiestasie is ook weer deur lede van die tak met ’n antibakteriese middel gespuit om die verspreiding van COVID-19 te beperk.

Raak vandag nog by AfriForum se Bethal-tak betrokke: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN