Header Artwork
COVID-19: AfriForum versoek Departement om hulp te verleen met waterprobleme

AfriForum het op 27 Maart 2020 ’n brief aan Lindiwe Sisulu, Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, gerig om haar departement dringend te versoek om tydens die COVID-19-pandemie aandag te gee aan verskeie waterkwessies waaronder gemeenskappe gebuk gaan. Dié brief volg nadat klagtes vanuit gemeenskappe ontvang is oor watertekorte en waterrade wat waterdruk verlaag weens wanbetaling deur munisipaliteite.

Gemeenskappe wat onder meer geraak word, is Sundra, Brits, Bloemfontein, QwaQwa, Kamieskroon en Klippunt.

“AfriForum het die waterrade versoek om die waterdruk van wanbetalende munisipaliteite vir tyd en wyl te verhoog sodat Suid-Afrikaners tydens die COVID-19-pandemie toegang tot water kan hê,” sê Lambert de Klerk, bestuurder van Omgewingsake by AfriForum.

AfriForum het ook sy kommer uitgespreek oor hoe belangrik dit is dat gemeenskappe juis in dié tyd toegang tot water moet hê.

“AfriForum is bereid om die Departement van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie waar nodig te ondersteun en sal ook enige ander probleme deurstuur wat onder die organisasie se aandag gebring word.”

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN