Header Artwork
COVID-19: AfriForum se Midvaal-tak ondersteun Huis Meyerton

AfriForum se Midvaal-tak het op 28 Julie 2020 met die hulp van Van der Walt Apteek vitamienaanvullings aan Huis Meyerton geskenk nadat ’n aantal COVID-19-gevalle by dié tehuis aangemeld is.

Ongeveer 70 positiewe gevalle is in die week by die tehuis aangemeld. AfriForum se Midvaal-tak het die tehuis se bestuur gekontak sodat hulle kan hand bysit tydens die pandemie.

Die tehuis het groot hoeveelhede vitamien C en D, asook sink versoek om te verseker dat daar genoeg voorraad is om inwoners se immuniteitstelsels te versterk.

“Dit is hartverskeurend om te weet dat inwoners en personeel van dié tehuis weens die pandemie nou elke dag in vrees woon. AfriForum se Midvaal-tak sal deurlopend in hierdie onseker tye hulp en ondersteuning aan die gemeenskap bied,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Raak vandag nog by AfriForum se Midvaal-tak betrokke: SMS “Midvaal” na 45342 (R1) en word deel van die verskil.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN