deur AfriForum | Aug 14, 2019 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
AfriForum se Welkom-tak het op 10 Augustus 2019 die tak se eie lugsteunvleuel by die Welkom-lughawe gestig nadat dié tak vroeër vanjaar ’n hommeltuig aangekoop het om misdaad in die omgewing te bekamp. André Coetzee, AfriForum se streekveiligheidskoördineerder, het...
deur AfriForum | Aug 13, 2019 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Mediaverklarings
AfriForum se Springs-tak het onlangs die vloer van die eetsaal by die Rus ’n Bietjie-tuiste vir bejaardes vervang. Dít volg nadat die tehuis die publiek verskeie kere vir hulp genader het en AfriForum besluit het om betrokke te raak. ’n Gesondheidsinspekteur besoek...
deur AfriForum | Aug 13, 2019 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Mediaverklarings, Plaaslikeregeringsake Mediaverklarings
Die AfriForum-tak in Postmasburg het op 13 Augustus 2019 ’n dringende skrywe aan die Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit gerig oor riool wat in dié dorp se begraafplaas uitvloei. “Lede van die publiek het foto’s gestuur van rioolmangate wat oorloop en die riool dan...
deur AfriForum | Aug 12, 2019 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
AfriForum se Standerton-buurtwag, die Standerton GPF en plaaslike boere het op 9 Augustus 2019 in die vroeë oggendure ’n groot deurbraak in veediefstalsake gemaak nadat ses verdagtes in hegtenis geneem is. Die GPF het inligting ontvang nadat sy lede op ’n voertuig met...
deur AfriForum | Aug 11, 2019 | Mediaverklarings, Plaaslikeregeringsake Mediaverklarings
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het op 8 Augustus 2019 die verhoogde elektrisiteitstarief aangekondig wat die Tshwane-metro mag implementeer. Die verhoogde tarief sluit ’n verhoging van 13,07% in op die 2018/2019-tarief vir die...
deur AfriForum | Aug 8, 2019 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Ongekategoriseerde, Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
AfriForum het op 7 Augustus vanjaar opleiding onder leiding van David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Suidstreek, vir dié burgerregteorganisasie se Rondeberg-buurtwag aangebied. Dié buurtwag vorm deel van die Malmesbury-takstruktuur, en ongeveer...