Header Artwork
AfriForum se Postmasburg-tak bekommerd oor riool in begraafplaas

Die AfriForum-tak in Postmasburg het op 13 Augustus 2019 ’n dringende skrywe aan die Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit gerig oor riool wat in dié dorp se begraafplaas uitvloei.

“Lede van die publiek het foto’s gestuur van rioolmangate wat oorloop en die riool dan in die grafte vloei. Dit is absoluut onaanvaarbaar en AfriForum eis dat die munisipaliteit onmiddellik optree. Ons geliefdes se ewige rusplek moet met respek behandel word – dit is ontstellend dat die begraafplaas al vir langer as ’n week só lyk en daar steeds nie opgetree is nie,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

 

“Dit is die munisipaliteit se plig om sowel die begraafplaas as die rioolwerke in stand te hou. AfriForum se Postmasburg-tak sal daarom voortgaan om druk op die munisipaliteit te plaas totdat hierdie probleem aangepak word,” sluit Louw af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN