deur AfriForum | Sep 10, 2019 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die AfriForum-buurtwag in Secunda het op 8 September 2019 gehelp om ’n dronkbestuurder vas te trek nadat ’n oproep op Zello 911 24/7 Assist ontvang is waarin hulp gevra is om ’n voertuig wat ’n gevaar vir ander padgebruikers inhou, af te trek. Die buurtwag en lede van...
deur AfriForum | Sep 10, 2019 | Omgewingsake Mediaverklarings, Mediaverklarings
Die AfriForum-tak in Meyerton het op 5 en 6 September 2019 ses bome by Hoërskool Dr. Malan geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek. Volgens Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand, beoog die...
deur AfriForum | Sep 9, 2019 | Omgewingsake Mediaverklarings, Mediaverklarings
AfriForum het onlangs verskeie gebiede in Groter Pretoria se water getoets om die gehalte van die drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) van dorpe in dié streek te bepaal. AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die gehalte...
deur AfriForum | Sep 9, 2019 | Mediaverklarings
AfriForum se Waverley-tak het op 4 September 2019 water aan die De Goede Hoop-koshuis naby aan die Universiteit van Pretoria voorsien toe koshuisinwoners vir geruime tyd sonder water gelaat is nadat ’n waterpyp gebars het. Die koshuis het AfriForum om hulp genader...
deur AfriForum | Sep 9, 2019 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Mediaverklarings
AfriForum se Vryburg-tak het op 9 September 2019 die eiendom en vullis verwyder van ’n sluipslaper wat hom onder struike by die Voorbereidingskool tuisgemaak het. Die struike is ook verwyder. Buiten al die onooglike vullis, het die sluipslaper die kinders gevloek en...
deur AfriForum | Sep 9, 2019 | Mediaverklarings, Privaatvervolging Mediaverklarings
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, in kennis gestel dat die NVG lasbriewe bekom het vir die arrestasie van twee van die vier vermeende moordenaars van kol. Patrick Karegeya, voormalige...