“Ek is doodseker dat die mense wat voedselhulp wil sentraliseer nog nie daar waar die nood druk was nie. Dít is die punt waar dit heeltemal geregverdig is om vir die regering “nee” te sê. Of jy nou aan die gee of ontvang kant is, ons is almal saam en ons gaan saam...
AfriForum het vandag ’n omvattende Covid-19-gemeenskapsplan bekendgestel wat ten doel het om gemeenskappe te midde van die Covid-19-pandemie op te hef, te versterk en te ondersteun. Die plan fokus op veiligheid, die ekonomie, voedsel, gesondheid en munisipale dienste...
AfriForum se Gauteng-Suid-takke woeker tydens die Covid-19-pandemie. Die Vanderbijlpark-tak het in samewerking met Helpende Hand sedert die staat van inperking ingestel is sowat R200 000 se hulpakkette aan behoeftige gesinne in hul omgewing geskenk en versprei, terwyl...
AfriForum het in samewerking met Helpende Hand vandeesweek sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief in die Kaapse metropool en die Overstrand van stapel gestuur waartydens ongeveer 1 ton nartjies by verskeie ouetehuise in die noordelike voorstede van Kaapstad afgelewer...
Meer as 100 mense kan uiteindelik die Zithabeseni-kwarantynkamp naby Groblersdal verlaat nadat die hooggeregshof in Pretoria vandag beslis het dat dié COVID-19-kwarantynkamp, wat nie aan die WGO-standaarde voldoen nie, onmiddellik gesluit moet word. Onder die mense...
AfriForum het vandag ’n klag van korrupsie by die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion teen Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir Onderwys, ingedien. Dit volg op die Gautengse regering se onregmatige toekenning van ’n kontrak ter waarde van R30 miljoen aan die...