Header Artwork
Buurtwaglede vereer na spoedige optrede om vermiste baba op te spoor

Lede van AfriForum se buurtwagte in Germiston, Krugersdorp en Roodepoort is op 30 September by ’n toekenningsaand vereer vir hul onbaatsugtige diens aan die gemeenskap. Dit volg nadat talle rolspelers vroeg op 25 September 2020 saamgewerk het om ’n drie weke oue baba op te spoor nadat sy uit haar ouma se huis in Prinses, ’n informele nedersetting buite Roodepoort, ontvoer is.

Sekuriteitsmaatskappye, buurtwagte, en gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) se groepe en sosialemediaplatforms is binne minute nadat die ouma (die baba se wettige voog) alarm gemaak het met boodskappe oorval.

Deur die loop van die dag en aand het daar toenemend rolspelers by die soektog aangesluit. Die SAPD, die AfriForum-buurtwagte in Germiston, Krugersdorp en Roodepoort, GPF, die Roodekrans-buurtwag, K9-eenheid, Absolut Security, Dowry, Black Hawk Security, Cobra NCIS en Azaadville CPF het hul soektog oor die Wes-Rand uitgebrei om die baba op te spoor.

Die stasiebevelvoerder van SAPD Roodepoort, Brigadier Zoleka Kuboni, het ook by die span aangesluit en met die ondersteuning van sekuriteitsmaatskappye en AfriForum se Krugersdorp-buurtwag is ’n klopjag op ’n huis in die Prinses informele nedersetting uitgevoer ná inligting van ’n informant ontvang is – dit het uiteindelik tot die baba se redding gelei.

“Wat uiteindelik tot ons deurbraak gelei het, was die harde werk en goeie samewerking tussen verskillende rolspelers en die vermoë om waardevolle inligting te identifiseer om resultate op te lewer,” sê Llewellyn Hemmens, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng.

“Ons wil graag BCI Security bedank wat hierdie toekenningsgeleentheid geborg het. Dit is weereens ’n bewys wat ons as gemeenskap kan bereik as ons saamwerk en ’n geleentheid soos dié beloon diegene wat hul tyd onbaatsugtig opoffer om die gemeenskap te beveilig,” sê Marius Müller, AfriForum se nasionale operasionele koördineerder.

Raak vandag nog by AfriForum se Krugersdorp-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN