Header Artwork
Bethal-groentetuin kry nette   

Die AfriForum-tak in Bethal het op 30 September die eerste skadunette begin span oor die 1 000 m²-grond wat vir die groentetuinprojek voorberei is. Die doel van dié projek is om op ’n volhoubare wyse voedsel aan behoeftige lede van die gemeenskap te voorsien.

Groente word in vier siklusse geplant sodat daar regdeur die jaar groente beskikbaar is. Dié projek is voor die inperking beplan, maar dit is tydens die inperking bewys dat selfdoenprojekte soos die belangriker is as ooit tevore.

“Hierdie projek is gegrond op die beginsel dat dit beter is om mense te leer om vis te vang eerder as om net vir hulle ’n vis in die hand te stop. Voedsel moet op volhoubare en selfstandige wyse verbou word om mense in tye van nood by te staan. Dit is veral in onseker tye dat skenkers sukkel om voor te bly,” sê Marilé Nieuwoudt, sekretaris van AfriForum se Bethal-tak.

Persone wat tot hierdie projek wil bydra of daarby betrokke wil raak, kan vir Hennie Bekker by 081 217 6091 skakel. Daar is steeds toerusting en ander goedere nodig om hierdie projek te laat vlot.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke en maak ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap: SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN