Header Artwork

Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) beplan om ’n biogasaanleg op hul gronde in Pretoria-Oos te bou. Dit is die WNNR se voorneme om volkome volhoubaar te word. So bewonderenswaardig as wat hierdie idee egter ook al mag wees, is die geïdentifiseerde gebied ’n digbewoonde gebied met vele aangrensende residensiële eiendomme. ’n Aanleg soos dié sal waarskynlik omliggende gebiede van tot en met 3 km beïnvloed. AfriForum is geensins gekant teen groen energie nie, maar ons is teen die ligging van die terreine wat geïdentifiseer is. Registrasie vir die Agtergrondinligtingsdokument (AID) sluit op 31 Augustus 2018. AfriForum sal aan die proses deelneem en sal graag wil hê dat alle gemeenskapslede wat teen hierdie spesifieke terreine gekant is asseblief die petisie, wat saam met ons kommentaar ingehandig sal word, sal voltooi.

Ons kommentaar sal deur ’n biogasspesialis verwerk word en ingehandig word.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN