Header Artwork

 

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Delareyville het verlede week met verskeie gemeenskapsorganisasies en -lede hande gevat om te help om gewelddadige betogings oor watertekorte in dié dorp onder beheer te bring.
Die tak en buurtwag het saam met onder meer die Boere-unie, Boere-reaksiegroep, Fastrac-sekuriteit en die plaaslike DA-raadslede gewerk om die veiligheid van inwoners te verseker en water spoedig deur middel van tenks te voorsien ter verligting van die krisis.
Volgens Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, het die AfriForum-buurtwag en ander veiligheidsinstansies die polisie deurentyd bygestaan en ook die gebied gepatrolleer.

“AfriForum Nasionale Veiligheid het voorts sowel addisionele tweerigtingradio’s as koeëlvastebaadjies beskikbaar gestel. Daar is onder meer ook gehelp om vure te blus – nadat bande aan die brand gesteek is – en gehelp om die strate op te ruim en klippe wat op paaie gegooi is, te verwyder. Ander lede van die gemeenskap het gehelp deur eet- en drinkgoed te voorsien,” sê Pretorius.

Verder het die AfriForum-tak saam met verskeie boere en inwoners gehelp om vol watertenks te voorsien om die voortslepende en drukkende watertekortkrisis te verlig. Een van dié tenks is deur betogers beskadig, maar is vinnig herstel.

“Druk is vanaf verskeie oorde op die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit geplaas om die krisis finaal op te los. AfriForum sal die situasie moniteer en voortgaan om druk op die munisipaliteit toe te pas en saam met ander plaaslike instansies te werk om tussentydse oplossings te vind,” sluit Pretorius af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN