Dit is vir AfriForum belangrik om sy eie reaktiewe vermoë te ontwikkel en om oor die nodige toerusting te beskik om kwesbare gemeenskappe en gebiede te beveilig. Daarom het die burgerregte-waghond se Bellville-buurtwag onlangs in samewerking met die nuutgestigte Philippi-buurtwag ’n plaaspatrollie gehou om sigbaarheid in dié landelike gebied, wat gebuk gaan onder diefstal, te verhoog. Die patrolleerders het onder meer boere, inwoners van die Bellville-omgewing en opgeleide hommeltuigvlieëniers ingesluit, wat moontlike gevaarsones van ’n veilige afstand kan ontleed om sodoende nie onnodig patrolleerders in gevaar te stel nie.
Soek
Onlangse nuus
- Forum Nuus: Die week se blitsflits
- AfriForum verwelkom rehabilitasie van Vryburg-vullisterrein
- Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker
- AfriForum se Belfast-tak kies nuwe bestuur
- AfriForum inspekteer Modimolle-rioolaanleg
- AfriForum dien korrupsieklag teen Fikile Mbalula en Departement van Vervoer in
- Tatjana en Bianca in ekstase oor prysgeld en steun van publiek
- Bring jou klein “prins” of “prinsessie” vir kinderboekvoorlesing by die AfriForum Teater
- Nuwe kameras help om Malalane te beveilig
- Stop lisensie-uitbuitery!