deur AfriForum | Nov 10, 2020 | Mediaverklarings, AfriForum Jeug Mediaverklarings
Die AfriForum Jeug-tak in Bloemfontein het op Saterdag 7 November geskenke by Ons Kinderhuis-jeugsorgsentrum uitgedeel. Dié geskenke is vanuit die gemeenskap ingesamel. AfriForum se Hospitaalpark-tak het vanjaar ook 24 enkelbedmatrasse geskenk nadat dié sentrum ’n...
deur AfriForum | Nov 9, 2020 | Onderwys- en leierskapsprojekte Mediaverklarings, Mediaverklarings
AfriForum het die Departement van Basiese Onderwys se aankondiging verwelkom dat matriekleerders wat positief toets vir COVID-19 of simptome van die virus het, wel die eindeksamen sal kan aflê. Dit volg nadat die departement aanvanklik aangekondig het dat matrieks wat...
deur AfriForum | Nov 4, 2020 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
AfriForum se Potgietersrus-buurtwaglede het op 2 November bystand verleen tydens ’n brand by Nedan Oil. Dié buurtwag het Maandagaand inligting ontvang van die brand en dadelik na die toneel gegaan om bystand te verleen. Die buurtwag het gehelp om paaie toe te maak...
deur AfriForum | Nov 4, 2020 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die AfriForum se Pietersburg-buurtwaglede het op 31 Oktober ’n gebiedverkenningsaksie gehou, opleiding ontvang en ’n gebeurlikheidsplan opgestel en ingeoefen. Die buurtwaglede het ’n veiligheidsoudit van die Flora Park- en Fauna Park-woonbuurt in Polokwane gedoen. Die...
deur AfriForum | Okt 30, 2020 | Interkulturele samewerking, Mediaverklarings
Kgosatsana (Prinses) Gabo Moroka, tradisionele leier van die Nogas Post-dorp van Thaba ’Nchu naby Bloemfontein het gister met AfriForum se steun ’n hofbevel bekom om verdere optrede deur Mnr. Tsietsi Motsididi – wat probeer om haar magte as hoofvrou in te palm – te...