Header Artwork


AfriForum verwelkom SuperSport se onderneming dat dié sportdiens geen bedoeling het om krieketkommentaar in Afrikaans te staak nie. Dít volg nadat die burgerregte-organisasie talle klagtes van DSTV-gebruikers ontvang het omdat Afrikaanse krieketkommentaar tydens die onlangse toetsreeks tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland gestaak is.
Volgens Graham Abrahams, direkteur van ondernemings en regulatoriese sake by SuperSport, veroorsaak operasionele omstandighede soms dat kommentaar in Afrikaans en ander amptelike Suid-Afrikaanse tale nie kan voortgaan nie, maar dat dit nie algemene praktyk is nie en ook nie sal word nie.

“Dit is verblydend om te sien dat SuperSport onderneem het om sy intekenaars se belange op die hart te dra en die versekering gegee het dat Afrikaanse sportkommentaar in die geheel nie in die toekoms bedreig sal word nie,” sê Annelise de Vries, taalbeplanningskoördineerder by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN