Header Artwork
#AfriForumStaanSaam vir Skole: Kuruman-tak voorsien skolehulppakkette

AfriForum se Kuruman-tak het hulppakkette aan skole in Kuruman versprei as deel van die #afriforumstaansaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.

Die pakkette is aan Laerskool Seodin en Laerskool Kuruman voorsien. Laerskool Savanna en Hoërskool Kalahari gaan ook binnekort pakkette ontvang.

“Dit is ’n voorreg om skole in hierdie tyd te kan bystaan sodat hulle voorbereid is om die 2020 akademiese jaar voort te sit. Skole het nie vir hierdie ekstra uitgawes begroot nie en daarom is dit vir AfriForum belangrik om skole te ondersteun,” sê Deon de Jager, AfriForum se hoof vir die suidstreek.

“AfriForum het baie versoeke van skole ontvang omdat hulle onvoldoende hulp van die Departement van Onderwys ontvang het. Daarom het AfriForum se plaaslike takke in die Kalahari aan die skoleprojek deelgeneem om sodoende te verseker dat leerders veilig terug kan keer skool toe,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari

“Al die skole is baie dankbaar vir die steun wat hulle ontvang en dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe almal saamspan om die beste van die situasie te maak,” sê Strauss verder.

AfriForum het reeds meer as 40 000 bottels handreiniger, 8 000 plakkate en 200 termometers aan skole landwyd versprei.

AfriForum se Kalahari-takke wil graag nóg skole ondersteun in die uitdagende tye wat voorlê om te verseker dat hulle op ’n veilige wyse funksioneer. Die takke moedig gemeenskappe daarom aan om by die inisiatief betrokke raak: SMS jou naam na 32532 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN