Header Artwork
#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum skenk hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Mosselbaai het drie hulppakkette aan skole in die omgewing versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500.

Die volgende skole het elk ’n pakket ontvang: Laerskool Vorentoe, Laerskool Hartenbos en Plaasjapies Dag- en Nasorgsentrum in Groot-Brakrivier.

“Dit is werklik ’n voorreg om in ’n krisistyd soos hierdie uit te reik na ons skole en om ons bydrae te lewer om skole te ondersteun om seker te maak dat hulle voorbereid is om die 2020 akademiese jaar voort te sit. AfriForum het geweldig baie versoeke vir hulp van skole ontvang aangesien hulle onvoldoende hulp van die Departement van Onderwys ontvang het,” sê Louis Cook, voorsitter van AfriForum se Mosselbaai-tak.

“AfriForum se takke help gemeenskappe veral in hierdie moeilike tyd om aan te pas by regulasies en om struikelblokke te oorkom. Die Mosselbaai-tak se betrokkenheid by die gemeenskap en veral by skole, is verblydend,” sê Arno Greyling, AfriForum distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

AfriForum se Mosselbaai-tak moedig die gemeenskap aan om by dié inisiatief betrokke raak: SMS “Mosselbaai” na 45340 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN