Header Artwork


Op 25 Oktober 2018 het die AfriForum911-afdeling van die burgerregte-organisasie AfriForum bystand gebied met die inhegtenisneming van ’n verdagte in Kathu deur die AfriForum911 TrackBox-toepassing te gebruik. Die individu is vir die diefstal van ’n motorvoertuig gearresteer en is later deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) as ’n voortvlugtende verdagte in diefstal- en verkragtingsake geïdentifiseer.
Omstreeks 14:30 het ’n plaaslike AfriForum-lid ’n verdagte rooi Jeep Cherokee met die toepassing by die beheerkamer aangemeld en by ondersoek het die beheerkameroperateur hom ingelig dat die voertuig se nommerplate egter aan ’n blou BMW behoort. By verdere ondersoek is die inligting op die lisensieskyf ook nagegaan en is bevind dat dit aan ’n rooi Volkswagen Golf behoort. Teen daardie tyd het die lid reeds verskeie plaaslike veiligheidsrolspelers en die plaaslike polisiestasie gekontak, wat by die poging aangesluit het. Een verdagte is uiteindelik gearresteer. Daar is bevind dat die voertuig op 19 Oktober 2018 in Mahikeng gekaap is.
Later is dit ook bevestig dat die verdagte voortvlugtend was in verskeie ander sake, waaronder verkragting en diefstal. Hy is vermoedelik ook deel van ’n groter voertuigdiefstalsindikaat.

“Hierdie voorval bewys weereens die nut van die AfriForum911 TrackBox-toepassing en die steun wat AfriForum deur AfriForum911 aan sy lede kan bied. Ons wil dus ons lede aanmoedig om die toepassing af te laai en te gebruik wanneer iemand in gevaar is of wanneer hulle enigiets verdag het om aan te meld,” sê Johandré van Zyl, AfriForum Gemeenskapsveiligheid se streekshoof vir Wes-, Oos- en Noord-Kaap.

AfriForum-lede en lede van die publiek word aangemoedig om www.afriforum911.co.za te besoek om meer uit te vind oor die AfriForum911 TrackBox-toepassing en die tipe steun wat AfriForum911 aan hulle kan bied.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN