Header Artwork
AfriForum werk aan nóg ’n groentetuin

Die AfriForum-tak in Christiana het op 16 Junie 2021 begin werk aan ’n volhoubare groentetuin by die Heil-Lof-sentrum.

Dié plattelandse dorp, net soos vele ander in die Noordwes, het gedurende die streng inperking van 2020 gebuk gegaan onder werkloosheid. Hierdie tydperk het ’n hoë mate van armoede ontbloot. AfriForum het reeds in 2020 ’n paar groentebeddings by dié sentrum geplant. Daar is egter nou ’n tonnel opgerig en nog twee tonnels word beplan om voedselsekerheid reg deur die jaar te verseker.

AfriForum werk saam met Simply African Seed Company deur wie die sade aangekoop is. Simply African Seed Company se verteenwoordiger, Brand Fourie, het ook gratis organiese bemesting, spuitstofresepte en algemene advies vir die groentetuin verskaf. Die waarde van die sade wat nou by die sentrum geplant word, is meer as R3 000.

Sade wat deur AfriForum geskenk en geplant is, is onder meer beet, wortels, bone, tamaties, kool, waatlemoen, pampoen, sprietuie, uie, blaarslaai, broccoli, eiervrug, kiwivrug, aarbeie, turksvye, Brusselse spruitjies, lemoenpampoentjies en soetrissies.

AfriForum, Simply African Seed Company en Heil-Lof-sentrum het ’n ooreenkoms aangegaan om te verseker dat dié sentrum kan voortgaan met voedselvoorsiening vir minderbevoorregte mense in die gemeenskap.

AfriForum se Stellaland-streek spog reeds met drie groentetuine in Schweizer-Reneke, Christiana en Bloemhof. Nog groentetuine word vir die streek beplan.

“Dit is vir AfriForum ’n besondere voorreg om deel van die groentetuinprojek te wees. Hierdie is ’n volhoubare projek wat nie net voedsel voorsien nie, maar ook sorg dat die plaaslike AfriForum-jeugvleuels betrokke raak. Dit is immers AfriForum se jeug wat in hierdie betrokke dorpe in die groentetuine werk en ook die plantwerk doen,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45344 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN