Header Artwork
AfriForum vra vir ’n aksieplan vir teerpad in Vryheid-omgewing

AfriForum het onlangs die departement van vervoer in Vryheid gevra vir ’n aksieplan om die teerpad tussen dié dorp en Paulpietersburg te onderhou. Die hoofroete tussen dié twee dorpe is vir die afgelope paar jaar in ’n haglike toestand en daar is geen werklike pogings aangewend om slaggate, padtekens of die gras langs die pad te onderhou nie.

Die betrokke slaggate is diep en veroorsaak talle ongelukke op hierdie roete. Gras groei tot teen die teerpad en is só hoog dat rondlopervee nie deur motoriste gesien kan word nie. Padtekens langs dié pad val om en word nooit herstel nie.

“Dit is jammer dat ongelukke en klagtes van die publiek, die departement se maatstaaf geword het om aandag aan probleme te gee. Hierdie pad word daagliks gebruik en is een die hoofroetes vanaf Mpumalanga en KwaZulu-Natal en ook die bekendste roete na Pretoria vir die inwoners van hierdie twee dorpe,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum sal dit oorweeg om met die provinsiale kantore te skakel indien die plaaslike departement van vervoer nie ’n aanvaarbare aksieplan verskaf nie.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45267 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN