Header Artwork
AfriForum verwelkom voorgestelde wysigings aan Wet op Rampbestuur

AfriForum het vandag kommentaar op die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Rampbestuur gelewer. Dié burgerregteorganisasie verwelkom die wysigingswetsontwerp met ope arms en benadruk dat dit so gou moontlik goedgekeur word omdat dit in openbare belang is.

Die woord lockdown kom nie in die Wet op Rampbestuur 57 van 2002 voor nie, en ook in geen ander nasionale statuut of wetgewing nie. En tog het dié nuwe woord – wat ’n reeks van voortdurend veranderende maatreëls en stelsels behels – verweef geraak met die uitvoerende gesag se reaksie op die COVID-19-pandemie.

Die wysigingswetsontwerp sal dié ongrondwetlike toedrag van sake regstel. In wese is dit daarop gemik om ’n mate van oorsig aan die nasionale regering terug te gee en om die uitvoerende gesag se magsoorskryding te beperk wat oor die afgelope 18 maande – sedert die aankondiging van ’n nasionale ramptoestand – vanselfsprekend geword het. Dit is vir bykans twee jaar lank al die alleenreg van ’n onverkose, dog uitgekose groep mense om te besluit of basiese regte en vryhede geniet mag word. Die gevolglike moeras van regulasies en mikrobestuur het ’n nypende impak op Suid-Afrika gehad.

“Die wysigingswetsontwerp sal die Wet op Rampbestuur met grondwetlike prosedures belyn wat betref noodtoestande, wat aan die beginsel van die skeiding van mag voldoen en behoorlike oorsig bewerkstellig,” sê  Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN