Header Artwork


AfriForum verwelkom Jan Esterhuise, ’n plaaswerker van Sutherland, se vonnisoplegging op 8 Julie 2019 van lewenslange tronkstraf.

Esterhuise is skuldig bevind aan die moord en roof met verswarende omstandighede van Riana Louw du Toit, nadat hy haar op 6 Februarie 2018 langs die pad tussen Sutherland en Merweville gestenig het.

“Ons verwelkom die swaarste moontlike vonnis vir grudade soos hierdie. Ons glo ook dat streng vonnisopleggings as afskrikmiddel vir potensiële misdadigers kan dien,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek.

Die hof het bevind dat Esterhuise geen berou getoon het vir sy dade nie. Hy is ’n lewenslange vonnis vir die moord op Du Toit opgelê en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN