Header Artwork
AfriForum verwelkom inhegtenisname van oudpres. Jacob Zuma

Die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom die feit dat oudpres. Jacob Zuma Woensdag kort voor middernag in hegtenis geneem is.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, bevestig die inhegtenisname dat geregtigheid altyd uiteindelik sal geskied, al neem dit soms langer as wat ’n mens dit graag sou wou hê. “Die burgery moet aanhou om druk toe te pas om toe te sien dat geregtigheid uiteindelik geskied. Hierdie is ’n kort vonnis maar dit is minstens ’n begin om te verseker dat Zuma verantwoordbaar gehou word.”

AfriForum sal die verloop van sake rondom Zuma se tronkstraf en ander sake teen hom dophou en aanhou om druk toe pas op owerhede om te verseker dat hy verantwoordelik gehou word vir die klagte teen hom.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN