Header Artwork


Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom die Noord-Gautengse hoë hof se uitspraak vroeër vandag om Julius Malema, leier van die EFF, se aansoek om die Wet op Oproerige Byeenkomste, 1956 (wetno. 17 van 1956) ongrondwetlik te verklaar, van die hand te wys.

Malema het in die verlede in warm water beland omdat hy klaarblyklik op verskeie geleenthede sy party se lede, asook inwoners van die land aangehits het om hulself skuldig te maak aan kriminele aktiwiteite, waaronder aanhitsing om grond onregmatig te beset. Artikel 18(2)(b) van bogemelde wet bepaal dat hierdie optrede opsigself ’n misdaad is.

“AfriForum is verheug oor die uitspraak en sal toesien dat geregtigheid geskied indien Malema en die EFF hierdie ondeurdagte en onverantwoordelike uitsprake maak. Malema is een van diegene in magsposisies wat die veiligheid en regte van burgers bedreig deur roekelose magspeletjies,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

AfriForum is tans besig met verskeie soortgelyke sake teen die EFF en Malema.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN