Header Artwork

 

“Niemand het verlede jaar September, toe ons begrotings moes opstel, hierdie pandemie sien kom nie. Skole én ouers kry swaar, so elke bietjie hulp wat ons kry maak ’n groot verskil,” sê Buckie King, adjunkhoof van Hoërskool Kempton Park.

AfriForum Onderwys, AfriForum Jeug en AfriForum se gemeenskapstrukture het vandeesweek deur hul skolehulppakkette meer as 40 000 bottels handreiniger, 8 000 plakkate en 200 termometers aan skole landwyd versprei. Die waarde van een pakket beloop R6 500.

“AfriForum beskou hierdie pakkette as ’n noodsaaklikheid vir elke skool en daarom het ons besluit om uit te reik na skole in gemeenskappe wat nie deur die staat ondersteun word nie. Honderde skole het versoeke aan AfriForum gerig vir die skolehulppakket omdat hulle eenvoudig geen beskermende drag en materiaal van die Departement van Onderwys ontvang het nie, of nie naastenby genoeg ontvang het om aan hulle behoeftes te voldoen nie,” sê Carien Bloem, bestuurder vir Onderwys by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN