Header Artwork
AfriForum versoek VN-hulp met ekonomiese herstel ná Covid-19-pandemie     

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy status as spesiale raadgewende lid van die VN se Ekonomiese en Maatskaplike Raad gebruik om die VN te versoek om meer steun aan gemeenskapsorganisasies wêreldwyd te bied as deel van die VN se pogings om ekonomieë weer op te bou ná die skade wat deur Covid-19-inperkings aangerig is. 

AfriForum is van mening dat gemeenskapsorganisasies ’n kern rol in talle gemeenskappe speel. Dié organisasies het ook direkte ondervinding met die uitdagings wat hul spesifieke gemeenskappe in die gesig staar. Hierdie organisasies is ook weens hul direkte betrokkenheid aan hul gemeenskappe aanspreeklik.  

AfriForum se voorstelle oor hoe meer steun aan gemeenskapsorganisasies gebied kan word, sluit in belastingkwytskelding vir burgers wat op gemeenskapsorganisasies staatmaak om dienste te lewer wat regerings veronderstel is om te lewer maar nie doen nie. Die organisasie stel ook voor dat regulasies verslap moet word om dit makliker vir gemeenskappe te maak om hul eie organisasies te stig. AfriForum glo ook dat die handhawing van wedersydse respek tussen verskillende gemeenskappe die ruimte te skep om diverse kulture te bewaar. 

“Die wêreld het enorme ekonomiese skade weens inperkings gelei, en daar sal kreatief gedink moet word oor hoe om hierdie uitdagings te takel. Elke gemeenskap is uniek en het unieke uitdagings. Gemeenskappe is daarom in die beste posisie om maniere te vind om hul probleme op te los. Regerings moet dié gemeenskappe eerder ondersteun as om een breë oplossing op verskillende gemeenskappe af te dwing,” meen Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder. 

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN