Header Artwork
AfriForum versoek sy buurtwagte om sigbaarheid in plaaslike gemeenskappe te verhoog

Die burgerregteorganisasie AfriForum neem met kommer kennis dat die ANC-faksiegevegte nou uitloop op openbare boewery. Volgens AfriForum word die onrus deur kriminele elemente misbruik om te plunder en te steel. AfriForum het ’n beroep op sy lede gedoen om kalm maar paraat te bly. Die plunderaars is volgens AfriForum ’n kriminele minderheid van die bevolking, maar hulle kan wel op sommige plekke groot ontwrigting veroorsaak.

AfriForum doen ’n beroep op wetstoepassers om die orde te herstel en die skuldiges aan te keer. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, monitor sy organisasie se beheerkamers en buurtwagte die situasie landwyd en word planne in plaaslike gemeenskappe in plek gesit om dié gemeenskappe te help beskerm indien nodig.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het aangedui dat AfriForum en die Solidariteit Beweging nie betrokke gaan raak by die konflik nie, maar dat AfriForum sy 159 buurtwagte landwyd gevra het om op bystand te wees, sigbaarheid te verhoog en om mekaar en die SAPD, sou die SAPD in sekere gemeenskappe dit versoek, te help waar nodig.

Gemeenskapslede wat nog nie by hulle gemeenskappe se buurtwagte betrokke is nie, word deur AfriForum aangemoedig om dit te doen.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN