Header Artwork
AfriForum versoek Openbare Beskermer om befondsing aan Andile Ramaphosa se COVID-19-projek te ondersoek

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n brief gerig aan Busisiwe Mkhwebane, Openbare Beskermer, om haar te versoek om ’n ondersoek te loods na die R6 miljoen wat die maatskappy sonder winsoogmerk Supplier Development Initiatives ontvang het. Andile Ramaphosa, seun van President Cyril Ramaphosa, is medestigter van dié maatskappy, wat Gauteng-minibustaxi’s help omskep het om aan COVID-19-regulasies te voldoen.

“Weens onlangse openbarings van staatskorrupsie en -buitery van COVID-19-verligtingsfondse is dit in openbare belang om vas te stel of Andile Ramaphosa staatsondersteuning vir die projek ontvang het, en of dit op korrupsie neerkom. AfriForum het die Openbare Beskermer daarom namens sy lede en in openbare belang versoek om die saak te ondersoek. Indien die feit dat hy die seun van die President is enige rol gespeel het in die toekenning van staatsfondse, kan dit op korrupsie neerkom en moet dit daarom ondersoek word,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

“Suid-Afrika is reeds in ’n volgehoue stryd teen korrupsie gewikkel. Dit het ’n nasionale krisis geword, veral tydens die COVID-19-pandemie. ’n Vinnige reaksie is dus noodsaaklik. Die ANC se gestelde verbintenis tot die uitroei van korrupsie blyk egter niks minder as lippediens te wees nie,” sluit Taute af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN