Header Artwork
AfriForum versoek ervare polisieman om Wes-Kaap te lei

Die burgerregte-organisasie AfriForum doen ’n beroep op lt.genl. Khela Sitole, nasionale polisiekommissaris, om ’n gesoute polisieman in die vakante pos van Wes-Kaapse polisiekommissaris aan te stel. Ná weke se spekulasie het die nuus vanoggend amptelik gebreek dat lt.genl. Kombinkosi Jula na KwaZulu-Natal verplaas is.

“Ons versoek ’n bekwame beroepsbeampte wat die Wes-Kaap, die mense en die unieke misdaadkrisis hier verstaan,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek.

Verskeie sektore van die samelewing het ’n ernstige tekort aan polisiebetrokkenheid – landelike gebiede, bendegeteisterde gebiede en selfs die toerismesektor van die Wes-Kaap gaan onder geweldmisdaad gebuk. Daarom vereis die provinsie ’n persoon wat die druk wat met die posisie gepaardgaan, kan hanteer.

“Die Wes-Kaap het ’n leier nodig wat erken dat die polisie nie die misdaadkrisis alleen kan hanteer nie en wat alle rolspelers by misdaadbekamping sal betrek,” sluit Van Zyl af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN