Header Artwork


Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), het vandag sy 2015/2016 regeringsoudit-uitkomsteverslag bekend gestel wat bevestig dat munisipaliteite landwyd byna R30,5 miljard aan vrugtelose, verkwistende, onreëlmatige en ongemagtigde uitgawes in hierdie tydperk bestee het.
Die OG het bevind dat ’n gebrek aan verantwoordbaarheid en swak interne beheer en toesig kernprobleme is wat gelei het tot dié aansienlike vlakke van wanbesteding.
Die LUR’e van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake en die departement van finansies het ’n oorsigrol om by munisipale begrotingsprosesse te speel en moet verseker dat geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP’s) onder meer ’n strategie uiteensit om agterstallige skuld in te vorder. Hulle moet verder munisipaliteite moniteer om te verseker dat hierdie strategieë behoorlik toegepas word.

“Hierdie onvermoë van staatsorgane om mekaar tot verantwoording te roep, lei tot die grootskaalse bedrog en korrupsie wat tans in sommige munisipaliteite floreer. Dit is ironies dat hierdie bedrag byna dubbel soveel as die munisipale skuld aan Eskom verskuldig is, tog bly dít net groei,” se Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake.

Mostert meen dat die OG se verslag nie as ’n diensleweringsmaatstaf gebruik kan word nie, maar eerder ’n manier is om te bepaal of munisipaliteite hul besteding rekenkundig korrek opskryf.

“AfriForum sal die verslag bestudeer en daarna met die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (wat moet verseker dat die bogemelde LUR’e hul funksies in hierdie verband vervul) skakel om te verseker dat prosesse ingestel word om hierdie soort wanbestuur en -besteding uit te wis,” sluit Mostert af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN