Header Artwork
AfriForum-teenboelieveldtog en Matteus besoek Laerskool Pretoria-Oos

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 2 Oktober 2019 besoek by die Laerskool Pretoria-Oos afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, ouers en onderwysers in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om as leier in moeilike situasies op te tree en afknouery te ontmoedig,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir junior jeugleierskap.

Die veldtog skep verder ook bewusmaking oor verskillende vorme van afknouery en help die leerders om tussen afknouery en konflik te onderskei.

“Die Laerskool Pretoria-Oos is ’n taamlike klein Afrikaanse skool met ’n unieke karakter, waar goeie waardes nagestreef en gevestig word. Osies het een goue reël – respek. Die maats weet dat respek eerste by jouself begin, in alles wat jy doen en ook wat jy sê, en as dit toegepas word kan ons boeliegedrag vermy,” sê Marius Walkenshaw, hoof van die Laerskool Pretoria-Oos.

Stuur ’n e-pos na leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za indien jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN