Header Artwork
AFRIFORUM TAKSUKSESSE: JULIE 2021

TAKSUKSESSE: JULIE 2021 – NOORDSTREEK

 

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Bronkhorstspruit

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het vullisdromme in die dorp leeggemaak; dit vorm deel van sy volhoubare skoonmaakprojek.

 

Groter Moot

  • Die buurtwag het voortdurend eenheidspatrollies gehou.
  • Die tak het bystand aan die brandweer verleen tydens die bestryding van ’n groot veldbrand.
  • Die buurtwag het ’n lid van die publiek ondersteun ná ’n aanrandingsvoorval.
  • Die buurtwag het ’n skoonmaakprojek by die spruit gehou en die gebied terselfdertyd gepatrolleer.
  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou.
  • Die tak het bystand gebied met brandbestryding op die berg digby Montana.
  • Die tak het saam met Solidariteit Helpende Hand gewerk en kospakkies na KwaZulu-Natal gestuur ná die onlangse plundery.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek wat behels dat spruite in die omgewing weekliks skoongemaak word.
  • Die tak het wasgoeddrade opgerig by die Louis Botha- en Jakaranda-kinderhuis.
  • Die tak het lofsang saam met die gemeenskap by die Moot-hospitaal gehou.
  • Die buurtwag het sigbaarheidspatrollies by Huis Herfsblaar gehou ná die onlangse oproer by dié ouetehuis.

 

Wes-Moot

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem
  • Die buurtwag het danksy sy kameraprojek hulp ontbied vir mense wat in nood verkeer het.

 

Centurion

  • Die tak het in samewerking met gemeenskapslede die kanaal in Broadwaystraat Suid, Valhalla skoongemaak. Die kanaal was erg toegegroei onder gras en bosse en het as ’n ontsnappingsroete vir misdadigers gedien.
  • Die tak het die stap- en fietsryroetes by die Voortrekkermonument oopgesny.

 

Pionier

  • Die tak het in samewerking met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye ’n verdagte gearresteer wat by ’n huisbraak betrokke was.

 

Moreletapark

  • Die buurtwag het in samewerking met die Grootfontein-buurtwag ’n sigbaarheidsoperasie in die Grootfontein-gebied gehou.

 

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die buurtwag het tydens die onlangse onluste volhoubare veiligheidsprojekte en patrollies saam met die gemeenskap gehou om die dorp te beveilig.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n brand in Humanstraat te blus.

 

Randfontein

  • Die buurtwag het ’n bewusmakingspatrollie saam met gemeenskapslede gehou om sigbaarheid te verhoog en veiligheid op te skerp.

 

Vanderbijlpark

  • Die tak het ’n Mahindra-bakkie aangekoop wat dit makliker vir taklede sal maak om gemeenskapsprojekte te dryf.
  • Die tak het binne twee dae 1 223 ha skoongemaak as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek.
  • Die buurtwag het op vyf voorvalle in die dorp gereageer.

 

Midvaal

  • Die tak het ’n skenking gemaak vir ’n nuwe voorruit vir een van die voertuie wat aan die Midvaal SAPD se veediefstal-eenheid behoort.

 

Heidelberg

  • Die buurtwag het in samewerking met ander gemeenskapslede ’n brand help blus wat in die Suikerbosrand Natuurreservaat ontstaan het en deur sterk wind na ’n woongebied versprei het.
  • Die buurtwag het gereageer nadat inligting oor ’n verdagte voertuig op die N3 buite Heidelberg ontvang is; die voertuig is agtervolg, waarna die bestuurder daarvan te voet gevlug het. Daar is later vasgestel dat die voertuig gesteel is.

 

OOS-RAND

Springs

  • Die buurtwag het ’n sigbaarheid-en-misdaadvoorkomingspatrollie afgeskop.
  • Taklede het hul harte in die koue oopgemaak en komberse vir hawelose mense uitgedeel.
  • Die buurtwag het bystand aan die brandweer gelewer deur te help om verskeie huisbrande in die dorp te bestry.
  • Die buurtwag het bystand aan plaaslike owerhede gebied tydens die onlangse onluste.

 

Brakpan

  • Die buurtwag het ondersteuning op talle tonele gebied ná onluste in die omgewing.

 

Boksburg 

  • Die buurtwag het drie spesiale operasies saam met die SAPD gehou rakende misdaadvoorkoming
  • Die buurtwag het bystand aan plaaslike owerhede verleen op ’n aantal tonele.

 

Benoni

  • Die buurtwag het bystand aan owerhede gebied tydens die onlangse onluste.
  • Die tak het gehelp met die opruim en skoonmaak van roetes wat tydens die onluste en plundering geblokkeer was.
  • Die buurtwag het basiese opleiding vir nuwe patrolleerders suksesvol afgehandel.

 

Kempton Park

  • Die tak het die Elim Kliniek-projek suksesvol afgehandel.

 

Germiston

  • Die tak het bystand aan die SAPD en die brandweer gebied tydens die onlangse onluste.

 

MPUMALANGA

Algemeen

  • AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld het gehelp om 32 ton kos in te samel en na KwaZulu-Natal te vervoer ná die onlangse onluste. Hierdie projek is aangepak in samewerking met verskeie AfriForum-takke in die provinsie, JHD Protection Services, Alpha Security, Nkomazi Security Solutions, TWK, Agri NW, asook verskeie boere.

 

Witrivier

  • Die tak het gehelp om kos in te samel vir mense wat in nood verkeer het ná die onluste in KwaZulu-Natal.
  • Die tak het ’n oefening van stapel gestuur om buurtwaglede se optrede en reaksievermoëns te toets.

 

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het ’n volhoubare groentetuinprojek van stapel gestuur.
  • Die tak het in samewerking met Why wait skip it weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Die tak het twee stoptekens vervang.
  • Die tak het gehelp om kos in te samel vir mense wat in nood verkeer het ná die onluste in KwaZulu-Natal.

 

Dullstroom

  • Die buurtwag het bystand gebied met die bestryding van verskeie brande.
  • Die buurtwag het gereeld bystand gebied op ongelukstonele.

 

Machadodorp

  • Die buurtwag het in samewerking met JHD Protection Services gehelp om ’n vrag kos te beveilig wat na KwaZulu-Natal vervoer is.

 

Nelspruit

  • Die tak het gehelp om kos in te samel vir mense wat in nood verkeer het in KwaZulu-Natal ná die onlangse onluste.

 

Malelane

  • Die buurtwag het in samewerking met Nkomazi Security Solutions gehelp om ’n vrag kos te beveilig wat na KwaZulu-Natal vervoer is ná die onlangse onluste.

 

Piet Retief

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en die verkeersdepartement ’n massapatrollie gehou.

 

Standerton   

  • Die buurtwag het bystand gebied op ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in en om die dorp te verhoog.

 

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het gehelp om veldbrande te bestry.
  • Sowel die tak as die buurtwag het bystand gebied op ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.

 

Witbank

  • Die tak het sy padveiligheidsprojek in die dorp afgeskop.

 

Ermelo

  • Die buurtwag het ’n massapatrollie saam met die SAPD gehou.
  • Die tak én die buurtwag het in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede en ander rolspelers ’n voorkomingspatrollie gehou om die dorp te beveilig.

 

LIMPOPO

Pietersburg

  • Die tak het handreiniger by skole en ander ondernemings uitgedeel.

 

Phalaborwa

  • Die tak het handreiniger, ’n temperatuurskandeerder en ’n handreinigerstaander aan ’n skool vir gestremde leerders geskenk.

 

Tzaneen

  • Die tak het nuwe toerusting aangekoop om sy buurtwaglede te beveilig tydens patrollies.

 

Marble Hall

  • Die tak het bystand gebied om ’n gewapende rooftog te fnuik.
  • Die tak het ’n hulppakket aan ’n kleuterskool geskenk én die skool ontsmet.
  • Die tak het oppervlakontsmettingsmiddels aan talle ondernemings geskenk.

 

Naboomspruit

  • Die tak het ’n klagte teen die munisipaliteit by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien rakende rioolprobleme.
  • Die tak het ’n klagte teen die munisipaliteit by die MRK aanhangig gemaak oor die toestand van die dorp se vullisterrein.

 

Warmbad

  • Die tak het gesigmaskers aan skole geskenk.

 

Thabazimbi

  • Die buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.

 

Ellisras

  • Die buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.

 

Thabazimbi-Suid

  • Die tak het ’n klagte teen die munisipaliteit by die MRK gelê omdat riooldamme oorloop.

 

TAKSUKSESSE: JULIE 2021 – SENTRAALSTREEK

 

NOORDWES

MARICO

Algemeen

  • Die buurtwagte in Brits, Hartbeespoort, Mooinooi, Rustenburg, Buffelshoek, Zeerust, Koster en Coligny het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Brits

  • Die tak het ’n aanlyn vergadering gehou waartydens ’n nuwe takbestuur verkies is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak voortaan sal verteenwoordig.
  • Die buurtwag het sy gemeenskaplike operasionele sentrum (GOS) geopen en vier van sy lede vir protospanopleiding in Orania gestuur.

 

Mooinooi

  • Die tak het ’n waterkar aangekoop om met brandbestryding in die omgewing te help. Dié waterkar sal aangewend word om die gemeenskap en die plaaslike brandweer by te staan tydens onluste en veldbrande.

 

Coligny

  • Die tak het sy bestaande bestuur gereorganiseer.

 

Lichtenburg

  • Die tak het in samewerking met verskeie plaaslike ondernemings herstelwerk aan Danielstraat voltooi. In totaal is ’n padoppervlak van ongeveer 225 m², wat voorheen onrybaar was, herstel. Sowat 24 ton teer is daarvoor gebruik.
  • Die tak het ’n petisie opgestel teen die gebrek aan dienslewering deur die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit. Die organisasie versoek ’n aksieplan van die munisipaliteit met betrekking tot die verbetering van dié dorp se paaie.

 

Swartruggens

  • Die tak het ’n suurstofmasjien aangekoop om die gemeenskap by te staan in ag genome die hoë aantal COVID-19-gevalle in die gebied. Die masjien verskaf 93% suurstof, het ’n aanpasbare vloeitempo om aan die pasiënt se behoefte te voorsien, asook ’n verstuiwer (nebuliser)-funksie.

 

MOOIRIVIER

 

Klerksdorp

  • Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur wat behels dat die konsentrasiekampkerkhof in stand gehou word.

 

Hartbeesfontein

  • Die buurtwagte in Ellaton, Songloed en Hartbeesfontein, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het ongeveer 40 patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die buurtwag het ’n kabeldiefstal gefnuik.
  • Die buurtwag het gemeenskapslede bygestaan met die bestryding van verskeie veldbrande.

 

Potchefstroom

  • Die tak het Alexanderpark-begraafplaas opgeknap.
  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery en altesaam 216 patrollies vir die maand afgehandel danksy 189 aktiewe patrolleerders. Die buurtwag het ook 16 nuwe patrolleerders opgelei.
  • Die buurtwag het hulp verleen met die bestryding van talle veldbrande, terwyl buurtwaglede ook gehelp het met die opsporing van twee gesteelde voertuie.
  • Die buurtwag het inligtingsborde in verskeie woonbuurte opgerig.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met water- en rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld én opgevolg totdat oplossings daarvoor gevind is.

 

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het aanhoudend druk op die munisipaliteit geplaas om probleme in die dorp aan te pak.

 

Ventersdorp

  • Die buurtwag het regdeur die nag patrollie gery tydens ’n onstabiele tydperk in die dorp. Buurtwaglede ry tans tot 01:00 soggens patrollie.
  • Die buurtwag het in samewerking met die polisie kabeldiefstal help bekamp en gesteelde kabels teruggevind.
  • Die tak het R5 000 aan AfriForum se noodfonds geskenk.
  • Die buurtwag het verskeie vergaderings met die SAPD gehou om noodplanne te bespreek, veral met betrekking tot die ouetehuis.

 

Wolmaransstad

  • Die tak het die begraafplaas skoongemaak, asook rondom die ouetehuis.

 

VRYSTAAT

ROSESTAD

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein het deur die loop van die maand gehelp om 28 veldbrande in die gebied te bestry.

 

Uitsig

  • Die tak het slaggate in verskeie strate in dié woonbuurt opgevul. Dit vorm deel van die tak se #VegEnBou-projekte. Tobaka Civil Construction het die tak gehelp om die projek te voltooi. Die kontrakteur het slaggate in verskeie gebiede gemerk, waarna die ou teer verwyder is en die slaggate opgevul is.

 

Hospitaalpark

  • Die tak het talle slaggate in die woonbuurt opgevul. Die projek is in samewerking met AfriForum se Wilgehof-tak aangepak en 15 sakkies teer is gebruik om agt slaggate op die hoek van Flemingstraat en Rontgenlaan op te vul.

 

Pellissier

  • Die tak het kontrakteurs aangestel om verskeie projekte in die woonbuurt te hanteer, waaronder die skoonmaak van sypaadjies en stormwaterdreine, asook die vervanging van gloeilampe by die Pellissier-poskantoor.
  • Die tak het in samewerking met Anchor of Hope die Pres. Brand-begraafplaas skoongemaak.
  • Die tak het die Brits-monument skoongemaak.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Wilgehof

  • Die buurtwag het ’n verdagte aangekeer in ’n saak van poging tot gewapende roof.
  • Die buurtwag het gehelp om twee verdagtes vas te trek wat moontlik by motorhekdiefstal betrokke was; die verdagtes is uiteindelik aan die SAPD oorhandig.
  • Die tak se brandbestrydingspan was behulpsaam tydens die bestryding van vyf veldbrande.
  • Die tak het lede se vullissakke by twee geleenthede verwyder.
  • Een van die tak se traumavrywilligers is ontbied ná ’n selfmoord in Fichardtpark. Die tak het gevolglik met AfriForum se trauma-eenheid gereël dat die nodige ondersteuning en berading aan die naaste familielede gebied word.

 

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het een dag per week die afgelope maand twee werkers gehuur wat die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoongemaak het.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie patrollies gery en aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag was betrokke by die bestryding van talle brande in die omgewing.
  • Die tak het die Nala Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas oor die riool wat in die Valsrivier inloop. Die tak wag egter steeds op terugvoer.

 

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.
  • Die buurtwag het sewe patrollies gehou én aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het teer aan lede voorsien om slaggate op te vul.
  • Die tak het noodsaaklike benodighede ingesamel vir die onlusgeteisterde gebiede in KwaZulu-Natal.

 

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het 100 voertuie gemobiliseer om die dorp tydens onluste te beveilig.
  • Die buurtwag het onwettige plakkers gemaan om die gebied te verlaat.
  • Die tak het noodsaaklike benodighede ingesamel vir die onlusgeteisterde gebiede in KwaZulu-Natal.

 

HOOGLAND

 

Welkom

  • Die tak het die gemeenskap bygestaan met die bestryding van brande wat ’n hoë risiko ingehou het.
  • Die tak het ’n donasie van R5 000 gemaak om behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.
  • Die buurtwag het gemeenskapsvergaderings bygewoon om veiligheid in die dorp op te skerp en samewerking tussen verskillende gemeenskappe te bevorder. Sodoende is die buurtwag ook versterk.

 

Kroonstad

  • Die tak het ’n donasie van R5 000 gemaak om behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

 

Frankfort

  • Die tak het ’n dringende hofaansoek teen die munisipaliteit geloods met betrekking tot rioolstorting. Die tak het gevolglik sukses behaal nadat die hof gelas het dat die munisipaliteit die probleme moet aanpak en ook die tak se regskoste moet betaal.
  • Die tak het afsetpunte geïdentifiseer en gehelp met die insameling van voedsel om sodoende behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

 

Harrismith

  • Die tak het die gemeenskap bygestaan met die bestryding van brande wat ’n hoë risiko ingehou het.
  • Die buurtwag het gehelp om gemoedere te kalmeer tydens protesaksies waar vragmotors aan die brand gesteek en infrastruktuur beskadig is.

 

Senekal

  • Die tak het ’n donasie van R5 000 gemaak om behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

 

Reitz

  • Die tak het ’n donasie van R5 000 gemaak om behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

 

Bethlehem

  • Die tak het afsetpunte geïdentifiseer en gehelp met die insameling van voedsel om sodoende behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

 

Winburg

  • Die buurtwag het hard gewerk om die gemeenskap te beveilig, asook om brande te bestry.

 

Bultfontein

  • Die buurtwag het hard gewerk om die gemeenskap veilig te hou.
  • Die tak het die plaaslike skool bygestaan deur leerders daagliks veilig oor die pad te help, terwyl taklede ook beplan om ’n teenboelieveldtog by die skool van stapel te stuur.

 

 

KWAZULU-NATAL

Pongola

  • Die buurtwag was nou betrokke tydens die beveiliging van die dorp ná protesaksies.
  • Die tak het met die burgemeester en ander rolspelers vergader rakende die ontwikkeling van die stadion.
  • Die tak was betrokke by AfriForum se noodboksprojek.
  • Die tak het vullis op verskeie plekke in die dorp verwyder.
  • Die tak het hand bygesit met die veilige vervoer van voedsel na Richardsbaai.

 

Hluhluwe

  • Tak- en buurtwaglede het gehelp om hulle dorp te beveilig tydens protesaksies.
  • Die tak het gehelp om die dorpsheining te herstel.
  • Die tak was betrokke by verskeie suksesverhale in die dorp, waaronder die opspoor van gesteelde voertuie en die insameling van noodsaaklike benodighede vir inwoners van die provinsie.
  • Die tak het hand bygesit om voedsel veilig na Richardsbaai te vervoer.

 

Newcastle

  • Die buurtwag was betrokke met die beveiliging van hul dorp tydens protesaksies.

 

Amanzimtoti

  • Die buurtwag het gehelp om hul dorp te beveilig tydens protesaksies.

 

Richardsbaai

  • Die buurtwag het gehelp om die dorp te beveilig tydens protesaksies.
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas oor waterprobleme.
  • Die tak is betrokke by ’n privaatvervolgingsaak wat deur adv. Gerrie Nel se eenheid gelei word.

 

Paulpietersburg

  • Die buurtwag het gehelp met die beveiliging van hul dorp tydens protesaksies.
  • Die buurtwag het proaktief patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 

Vryheid

  • Die buurtwag het gehelp om hul dorp te beveilig tydens protesaksies.
  • Die tak het voortgegaan met sy hofsaak teen die munisipaliteit.
  • Die tak het gehelp met die verspreiding van kos.

 

Margate

  • Die buurtwag het gehelp om hul dorp te beveilig tydens protesaksies.
  • Die tak het gehelp met die oprig van ’n dak by ’n kampterrein vir hawelose mense.
  • Die buurtwag het talle patrollies deur die loop van die maand gehou.

 

TAKSUKSESSE: JULIE 2021 – SUIDSTREEK

 

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Die tak het weekliks die dorp se strate skoongemaak en vullis weggery.
  • Die tak het linne aangekoop en aan die traumakamer – wat langs die SAPD se kantore geleë is – geskenk.

 

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die Kathu-gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Keimoes

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het weekliks die gebied rondom die Waterwielmonument skoongemaak, terwyl taklede ook gras gesny het, bome in die dorp se hoofstraat gesnoei het en vullis na die vullisterrein weggery het. Die tak het ook gesorg dat die toilette by die waterwiel netjies en skoon is.
  • Die tak het kos aan twee behoeftige families in Keimoes geskenk.

 

Kimberley

  • Die tak het skrywes aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gerig omdat die stad se water nie vir menslike gebruik geskik is nie.
  • Die tak het ’n klagte teen die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit by die Menseregtekommissie (MRK) gelê omdat die stad se water nie vir menslike gebruik geskik is nie.
  • Die tak het ’n skrywe van die MRK gekry as erkenning van ontvangs.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Bo-Karoo

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Kuruman

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n aanmaning aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit gerig nadat daar vasgestel is dat die munisipaliteit bloed wat van ’n abattoir afkomstig is in ’n reservaat stort.

 

Prieska

  • Die tak het met ’n advokaat vergader rakende munisipale uitdagings wat die gemeenskap ervaar.

 

Upington

  • Die tak het 1 400 brode aan sopkombuise in die gemeenskap versprei, waaronder Rosedale, Kalksloot en Stasiekamp. Die brode is geskenk deur King’s Bakery, ’n plaaslike bakkery.
  • Die tak het in samewerking met Fit-It weekliks verskillende woonbuurte in die dorp skoongemaak.

 

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

 

Warrenton

  • Die tak het ’n skrywe aan die plaaslike munisipaliteit gerig om ’n lekkasie in die dorp se rioolpypnetwerk – wat meebring dat riool in die Vaalrivier inloop – te herstel.

 

Williston

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

OOS-KAAP

 

Cradock

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Chris Hani Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die dorp se watertariewe.
  • Die tak het druk op die plaaslike munisipaliteit uitgeoefen om die dorp se kragtoevoer te herstel ná ongeskeduleerde kragonderbrekings plaasgevind het.

 

Gamtoosvallei

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • AfriForum se veiligheidstrukture in die Sondagsriviervallei, Gamtoosvallei en Kirkwood het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Jeffreysbaai

  • Die tak het hande met die Kouga Plaaslike Munisipaliteit gevat ten einde die pad tussen Jeffreysbaai en Astonbaai te beveilig. Die pad is gereeld aan die ontvangkant van kabeldiefstal, wat tot gevolg het dat gevaarlike dele donker gelaat word met gepaardgaande misdaad en lewensgevaar. Die tak beplan om kabels aan die munisipaliteit beskikbaar te stel wat geen waarde vir die diewe bied nie. Daarmee word gehoop dat diefstal ontmoedig sal word en beligting volhoubaar kan geskied.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kamdeboo

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. Die Kamdeboo-rioolsuiweringswerke was ooglopend in ’n baie bedenklike toestand.

 

Port Elizabeth

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die Walker Drive-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Uitenhage

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

George

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die Geelhoutboom-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig
  • Die Geelhoutboom-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Hessekwa

  • AfriForum se Albertinia-plaaswag en Riversdal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • AfriForum se Albertinia-plaaswag en Riversdal-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die Albertinia-plaaswag het by drie geleenthede bystand aan die SAPD gebied met betrekking tot die suksesvolle arrestasies van kriminele.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kaapstad-Noord

  • AfriForum se Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • AfriForum se Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het sy opknappingswerk by die Paarl School Brackenfell voortgesit deur onder meer die skool se klimrame af te skuur en oor te verf.

 

Kaap Agulhas

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Kraaifontein

  • Die tak het 400 sandsakke aan die gemeenskap geskenk nadat swaar reënval tot gevolg gehad het dat die stormwaterpype nie voldoende was om die reënwater van wonings in die gemeenskap weg te voer nie.

 

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag – wat deel vorm van die organisasie se Malmesbury-tak – het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Rondeberg-buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Die tak het in samewerking met die Swartland Plaaslike Munisipaliteit vier bome by die gemeenskapsaal in Riebeeck-Kasteel geplant.

 

Mosselbaai         

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • AfriForum se Groter Brandwag- en Herbertsdale-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Groter Brandwag- en Herbertsdale-plaaswag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Oudtshoorn

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Overstrand

  • AfriForum se Hemel-en-Aarde- en Stanford-plaaswag, asook die Alfa- en Fisherhaven-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Bogenoemde veiligheidstrukture het ook aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

Robertson

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 

Stellenbosch

  • Die tak het voortgegaan met sy instandhoudingswerk by die plaaslike SAPD se tuine.

 

Vredendal

  • AfriForum se 12 veiligheidstrukture in die Matzikama-distrik het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • AfriForum se 12 veiligheidstrukture in die Matzikama-distrik het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.
  • Talle plaas- en buurtwagte wat deel vorm van die organisasie se Vredendal-tak het in samewerking met die plaaslike SAPD en ander veiligheidsrolspelers ’n patrollie gehou in die lig van die onluste wat in KwaZulu-Natal en ander provinsies plaasgevind het.

 

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOOGLAND

 

 

Welkom

  • Die tak het die gemeenskap bygestaan met die bestryding van brande wat ’n hoë risiko ingehou het.
  • Die tak het ’n donasie van R5 000 gemaak om behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.
  • Die buurtwag het gemeenskapsvergaderings bygewoon om veiligheid in die dorp op te skerp en samewerking tussen verskillende gemeenskappe te bevorder. Sodoende is die buurtwag ook versterk.

Kroonstad

  • Die tak het ’n donasie van R5 000 gemaak om behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

Frankfort

  • Die tak het ’n dringende hofaansoek teen die munisipaliteit geloods met betrekking tot rioolstorting. Die tak het gevolglik sukses behaal nadat die hof gelas het dat die munisipaliteit die probleme moet aanpak en ook die tak se regskoste moet betaal.
  • Die tak het afsetpunte geïdentifiseer en gehelp met die insameling van voedsel om sodoende behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

Harrismith

  • Die tak het die gemeenskap bygestaan met die bestryding van brande wat ’n hoë risiko ingehou het.
  • Die buurtwag het gehelp om gemoedere te kalmeer tydens protesaksies waar vragmotors aan die brand gesteek en infrastruktuur beskadig is.

Senekal

  • Die tak het ’n donasie van R5 000 gemaak om behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

Reitz

  • Die tak het ’n donasie van R5 000 gemaak om behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

Bethlehem

  • Die tak het afsetpunte geïdentifiseer en gehelp met die insameling van voedsel om sodoende behoeftige slagoffers in KwaZulu-Natal by te staan.

Winburg

  • Die buurtwag het hard gewerk om die gemeenskap te beveilig, asook om brande te bestry.

Bultfontein

  • Die buurtwag het hard gewerk om die gemeenskap veilig te hou.
  • Die tak het die plaaslike skool bygestaan deur leerders daagliks veilig oor die pad te help, terwyl taklede ook beplan om ’n teenboelieveldtog by die skool van stapel te stuur.

 

 

KWAZULU-NATAL

 

Pongola

  • Die buurtwag was nou betrokke tydens die beveiliging van die dorp ná protes
  • Die tak het met die burgemeester en ander rolspelers vergader rakende die ontwikkeling van die stadion.
  • Die tak was betrokke by AfriForum se noodboksprojek.
  • Die tak het vullis op verskeie plekke in die dorp
  • Die tak het hand bygesit met die veilige vervoer van voedsel na Richardsbaai.

 

Hluhluwe

  • Tak- en buurtwaglede het gehelp om hulle dorp te beveilig tydens protes
  • Die tak het gehelp om die dorpsheining te herstel.
  • Die tak was betrokke by verskeie suksesverhale in die dorp, waaronder die opspoor van gesteelde voertuie en die insameling van noodsaaklike benodighede vir inwoners van die provinsie.
  • Die tak het hand bygesit om voedsel veilig na Richardsbaai te vervoer.

 

Newcastle

  • Die buurtwag was betrokke met die beveiliging van hul dorp tydens protes

 

Amanzimtoti

  • Die buurtwag het gehelp om hul dorp te beveilig tydens protes

 

Richardsbaai

  • Die buurtwag het gehelp om die dorp te beveilig tydens protes
  • Die tak het die munisipaliteit op terme geplaas oor waterprobleme.
  • Die tak is betrokke by ’n privaatvervolgingsaak wat deur Gerrie Nel se eenheid gelei word.

 

Paulpietersburg

  • Die buurtwag het gehelp met die beveiliging van hul dorp tydens protesaksies.
  • Die buurtwag het proaktief patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 

Vryheid

  • Die buurtwag het gehelp om hul dorp te beveilig tydens protes
  • Die tak het voortgegaan met sy hofsaak teen die munisipaliteit.
  • Die tak het gehelp met die verspreiding van kos.

 

Margate

  • Die buurtwag het gehelp om hul dorp te beveilig tydens protes
  • Die tak het gehelp met die oprig van ’n dak by ’n kampterrein vir hawelose mense.
  • Die buurtwag het talle patrollies deur die loop van die maand gehou.

 

 

 

 

 

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN