Header Artwork


AfriForum se takke in Kalahari het op 21 November 2017 memorandums aan die plaaslike polisiestasies in dié streek oorhandig om die fokus op plaasaanvalle en -moorde te vestig.
Die memorandums is by polisiestasies in die volgende dorpe oorhandig: Upington, Springbok, Kuruman en Kathu. By die meeste polisiestasies is die memorandums positief ontvang.

“Die aantal plaasaanvalle en -moorde styg onrusbarend, veral in 2017, en ons wil graag saam met die polisie werk om te verseker dat dít daadwerklik beveg word. Plaasaanvalle moet geprioritiseer word,” sê Gonda Louw, AfriForum se streekskoördineerder vir die Noord-Kaap.

AfriForum is tans in proses om strukture wat gemik is op die bekamping van geweldsmisdaad in dorpe en op plase te vestig en te versterk.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN