Header Artwork
AfriForum-tak in Schweizer-Reneke vul slaggate

AfriForum se Schweizer-tak het op 30 Maart 2021 groot slaggate in die dorp gevul as deel van hul #VegEnBou-projek.

Slaggate is maar een van die talle probleme in Schweizer-Reneke en inwoners en ondernemings word daardeur geraak. Verskeie ondernemings in die dorp verloor kliënte aangesien die paaie of parkeerplek voor die ondernemings vol slaggate is.

Francois Nieuwoudt, eienaar van SF Staalwerke in Schweizer-Reneke, het betonmengsel aan die tak geskenk waarmee daar groot slaggate op die hoek van Du Plessis- en Marksonstraat en voor Huis Silwerjare gevul is. Die gate was van so ’n aard dat dit moeilik was vir besoekers en inwoners van die tehuis om die straat te gebruik. Die hoof van die plaaslike verkeersdepartement, Vionello Romain, het seker gemaak dat die werkers en vrywilligers veilig is en het ook die verkeer gereguleer.

“Daar is nog baie slaggate in die dorp. Feitlik elke straat is vol slaggate, maar ons moet iewers begin. Elke bietjie help en wanneer AfriForum iets aanpak is dit gewoonlik ’n groot sukses. Ons sal voortgaan om te doen wat ons kan, maar terselfdertyd druk uitoefen op die munisipaliteit om hul verantwoordelikheid na te kom,” sê Esmé Venter, ondervoorsitter van AfriForum se Schweizer-Reneke-tak.

“Dit gee die inwoners hoop en maak weer daardie passie binne hulle wakker om self iets te doen. Die tyd het lankal aangebreek vir gemeenskappe om eienaarskap te vat van hul dorpe en woonbuurte. By AfriForum volg ons ’n veg-en-bou-strategie: ons veg teen agteruitgang en korrupsie, maar terselfdertyd bou ons ook in en aan ons gemeenskap deur selfdoenprojekte om te verseker dat ons dorpe nie verder agteruitgaan nie,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die takbestuur nooi die inwoners van Schweizer-Reneke uit om betrokke te raak in hulle gemeenskap. Skakel vir Esmé Venter by 072 312 3248.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenksap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN