Header Artwork
AfriForum-tak in Sasolburg woeker in Junie    

Die koue winter kon nie die AfriForum-tak in Sasolburg se geesdrif demp om ’n verskil in hulle dorp te maak nie.  

In Vaalpark is 53 straatligte se gloeilampe vervang en in sekere gevalle het ’n elektrisiën gehelp om foutiewe bedrading te herstel. Straatligte is van kardinale belang vir veiligheid, beide ten opsigte van misdaadvoorkoming sowel as vir padveiligheid.  

Die gras in die groenstroke in Snyman- en Jan Smutsstraat is gesny sodat dit vir die res van die winter veilig en netjies is. In Vaalpark is Bloukrans getakel en by Lumierskool is daar skoongemaak en die voetoorgang is geverf. 

Alhoewel die tak in Mei tweede geëindig het in AfriForum se landswye slaggatkompetisie het hulle nie daar opgehou nie. Daarna is nog 25 sakke teer in Pentzstraat en Oliviershoekweg gebruik om slaggate te vul.   

Volgens Johan Cooks, die voorsitter van AfriForum se Sasolburg-tak, was en is dit geen geringe taak om die “mooi” in ons dorp terug te bring en te onderhou nie, daarom nooi hy almal uit wat deel van die opbouproses wil wees om hom te skakel by 083 230 9073.  

“AfriForum se Sasolburg-tak is deurlopend besig met projekte om hulle dorp te verbeter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier. “Hierdie tak het sedert die begin van die jaar 65 ha gras in die dorp gesny om te help om die dorp netjies te hou.”  

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1). 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN