Header Artwork
AfriForum-tak in Kroonstad oorhandig aanmaningsbrief aan munisipaliteit oor rioolprobleme

AfriForum se tak in Kroonstad het op 6 Mei 2021 ’n aanmaningsbrief aan die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit oorhandig om hulle op terme te plaas. In die brief word ’n dringende beroep op die munisipaliteit gedoen om onmiddellik aandag te skenk aan voortdurende rioolstortings in die Valsrivier.

Boonop funksioneer die rioolwerke nie behoorlik volgens regulasies nie en riool vloei in oop velde en langs strate af, wat dan eindelik ook in die rivier opeindig. Visvrektes is deur die loop van Februarie en Maart 2021 aangeteken.

Watermonsters is tydens die eerste week van Maart geneem en deur ’n geakkrediteerde laboratorium getoets. Verskeie foto’s en onlangse lugfoto’s beeld die storting van onsuiwerhede en riool in die rivier duidelik uit.

AfriForum wil graag toesien dat hierdie voortslepende probleem opgelos word. “Dringende ingryping is nodig en aanhoudende druk moet op die munisipaliteit geplaas word om te verseker dat dié probleem onder beheer gebring word,” sê Gabrie Grobler, voorsitter van AfriForum se Kroonstad-tak.

Volgens Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, is rioolbesoedeling ’n strafbare oortreding en hou dit ’n geweldige gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in. “Solank as wat die munisipaliteit nie die probleem oplos nie sal AfriForum inspring en die werk self doen. Ons kan nie bloot terugsit en toekyk hoe mense in dié swak omstandige leef nie.”

AfriForum se Kroonstad-tak wil ’n verskil maak en moedig die gemeenskap aan om probleme aan te meld by die munisipaliteit en indien hulle geen reaksie kry nie, moet die AfriForum-tak dan daarvan in kennis gestel word. Kom neem deel aan die organisasie se toekomstige projekte deur betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Kroonstad” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN