Header Artwork
AfriForum-tak in Centurion se volgehoue druk op munisipaliteit werp vrugte af

AfriForum se Centurion-tak het sedert hul stigting middel verlede jaar verskeie projekte in die gemeenskap aangepak. Sommige van die projekte was onder meer om paaie te herstel, gras rondom gevaarlike kruisings oop te sny, hulp aan die gemeenskap te bied in verband met munisipale kwessies asook die instandhouding van parke.

Dié projekte is aangepak omdat die munisipaliteit nie self hulle pligte nagekom het nie. AfriForum se Centurion-tak kon nie meer toekyk hoe die probleme ophoop nie en het besluit om self te werk om ’n skoner en gesonder omgewing vir die hele gemeenskap te skep. Die tak het toerusting aangeskaf om die werk te vergemaklik en om die projekte vinniger en doeltreffender af te handel.

Verlede week het die Tshwane-metro begin om self die gras in parke en by voetoorgange en gevaarlike kruisings te sny. Ander dele in Centurion word nou ook deur die munisipaliteit skoongemaak. Sommige van dié gebiede het ’n groot gevaar vir voetgangers en drawwers ingehou omdat misdadigers maklik in die lang gras kon wegkruip.

“Hierdie is ’n uitstekende voorbeeld van druk wat toegepas is op die munisipaliteit om hulle verpligtinge na te kom. Ons is dankbaar dat die munisipaliteit uiteindelik begin om probleme in die gemeenskap aan te spreek. Die gemeenskap en die munisipaliteit kan baie meer vermag indien hul saamwerk. AfriForum sal aanhou om probleme aan te spreek en om ’n veiliger en skoner omgewing vir almal te skep,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“Dit is nou meer belangrik as ooit vantevore om self in te spring en ’n verskil in jou gemeenskap te maak,” sluit Nel af.

Die tak beplan om vanjaar verskeie groot projekte aan te pak en wil die gemeenskap graag uitnooi om meer betrokke te raak. Besoek gerus die AfriForum-tak in Centurion se Facebook-blad en sluit ook by die Telegram-groepe aan. Laai die Telegram-toep gratis af en soek na @AfriForumBuurtBot.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN