Header Artwork
AfriForum-tak in Bloemfontein vul slaggate op

AfriForum se Uitsig-tak in Bloemfontein het op 26 en 27 Julie slaggate in verskeie strate in dié woonbuurt opgevul. Dit vorm deel van die tak se #VegEnBou-projekte. Tobaka Civil Construction het die tak gehelp om die projek te voltooi. Die kontrakteur het slaggate in verskeie gebiede gemerk, waarna die ou teer verwyder is en die slaggate opgevul is.

Die tak het slaggate in dié strate opgevul:

Generaal De Wet

  • Barry Richterweg
  • Memoriamweg

Fleurdal

  • Bandelierweg
  • Korpslaan
  • Napoleonstraat
  • Dapperstraat

“Slaggate bly ’n groot probleem in dié omgewing en daarom wil AfriForum se Uitsig-tak dié projek op ’n volhoubare wyse aanpak. Slaggate hou ’n veiligheidsrisiko vir motoriste in en die skade wat dit veroorsaak hou weer groot finansiële gevolge in. Ons moedig sowel die gemeenskap as ondernemings aan om betrokke te raak,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “AfriForum” na 45344 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN