Header Artwork
AfriForum stig Walker Drive-buurtwag in Port Elizabeth

AfriForum het op 29 Oktober 2019 die Walker Drive-buurtwag gestig wat deel vorm van dié organisasie se Port Elizabeth-tak.

“Dié buurtwag se doel is om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies te help om misdaad doeltreffend te bekamp,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek.

David Olivier, AfriForum se opleidingsbeampte vir die suidstreek, het ook tydens die stigting opleiding in regsaspekte vir dié buurtwag aangebied.

“Dit is belangrik dat alle buurtwaglede professioneel en binne die raamwerk van die wet optree,” sê Van Zyl

Die buurtwagbestuur bestaan uit Hannes Oosthuizen (voorsitter), Daniel van der Walt, Arina Groenewald, Ruan Barnard, Daniël Lotter en Evan Struwig.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se veiligheidstrukture: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN