Header Artwork
AfriForum stig tak in Zastron

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 16 April 2021 ’n tak in Zastron gestig ná verskeie versoeke vanuit die gemeenskap.

Die nuutverkose takbestuur bestaan uit Oubaas du Plessis (voorsitter), Hannes Calitz (ondervoorsitter), Magda du Plessis (tesourier), Mariaan Slabbert (sekretaresse), Tommie Jordaan (veiligheid) en Kobus van Wyk (plaaslikeregeringsake).

Tydens die stigtingsvergadering het Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof van Gemeenskapstrukture vir die sentraalstreek, die organisasie se model en onlangse suksesse voorgehou.

“Die nuutgekose bestuur is vuur en vlam om die probleme wat inwoners ervaar uit die weg te ruim. Die takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur en hul gemeenskap te beveilig. Ons nooi alle bestaande AfriForum-lede en voornemende lede uit om met die onderskeie bestuurslede te skakel en by die tak se aksies betrokke te raak,” sê Grobbelaar.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Zastron” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN