Header Artwork
AfriForum stig Robertson-tak

AfriForum het op 25 Julie 2019 ’n takstigtingsvergadering in Robertson gehou nadat die gemeenskap die burgerregte-organisasie genader het omdat ’n groot behoefte aan gemeenskapsveiligheid in die omgewing ontstaan het.

Die nuutverkose bestuur van die Robertson-tak bestaan uit: Juan Oberholster (voorsitter), Elmar Nel (ondervoorsitter), Desmond Korb (sekretaris), Salome van Rooyen (tesourier), Mark Heidmann (voorsitter: gemeenskapsveiligheid) en Werner Swanepoel (voorsitter: omgewingsake).

Dié nuutgestigte tak beoog om so spoedig moontlik ’n buurtwag op die been te bring om die omgewing en inwoners weerbaar te maak teen misdaad. Die bestuur nooi gemeenskapslede uit om hulle te kontak indien hulle by die buurtwag betrokke wil raak.

“AfriForum het die Robertson-tak gestig omdat daar ’n behoefte in die gemeenskap is en ons wil graag help. Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap en alle rolspelers werk om Robertson ’n beter en veiliger plek vir almal te maak,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN