Header Artwork
AfriForum stig nóg ’n plaaswag in George

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 30 Julie 2021 ’n tweede plaaswag in George gestig. Dié plaaswag is die organisasie se tweede veiligheidstruktuur wat in die George-distrik op die been gebring is. ’n Derde een word ook in die vooruitsig gestel.

Die bestaande Geelhoutboom-plaaswag het al verskeie suksesse behaal en het die grondslag gelê vir dié nuutste toevoeging tot AfriForum se veiligheidstrukture in die George-omgewing. Die nuutverkose bestuur is Dewald de Kock (plaaswagleier), Corne Martin (spanleier: operasies), Dirk Lombaard (spanleier: steun) en Paul Theunissen (spanleier: inligting).

“Ek is baie opgewonde oor die stigting van die nuwe plaaswag in George. Ons kan nie langer die geveg teen misdaad slegs aan die polisie oorlaat nie. Ons moet sélf betrokke raak in ’n poging om ons gemeenskap meer weerbaar te maak,” sê Eduan Naudé, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se George-tak.

“Om misdadigers ons gebiede te ontsê, is deesdae geen eenvoudige taak nie. Dit is slegs moontlik as almal hul skouer aan die wiel sit en saamwerk. Gemeenskappe moet verantwoordelikheid vir hul eie gebiede neem en die SAPD in hul taak help,” sê David Olivier, AfriForum se provinsiale koördineerder vir veiligheid vir die Wes- en Oos-Kaap.

AfriForum bied bepaalde voordele en beskerming aan sy buurt- en plaaswaglede. Lede ontvang ook deurlopend opleiding.

Die gemeenskap word aangemoedig om by hul naaste AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN