Header Artwork
AfriForum stig buurtwag in Parys

AfriForum se Parys-tak het op 13 Augustus 2020 ’n buurtwag gestig nadat inwoners die organisasie genader het om ’n buurtwag op die been te bring aangesien die misdaadsyfers in hierdie plattelandse dorpie die hoogte ingeskiet het.

Alvorens ’n buurtwag gestig mag word, word 30 gedragskodes benodig. Die bestuur bestaan uit die volgende lede: De Wet Fouché (voorsitter), Sakkie Gelderblom (ondervoorsitter) en Jenny Kruger (sekretaris).

“Ek is bly dat hierdie buurtwag gestig is. Dit is baie lekker as die gemeenskap besef hulle moet verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid neem en nie alles aan die SAPD oorlaat nie. Ek glo dat die AfriForum-buurtwag baie goed met alle ander veiligheidsinstansies sal saamwerk,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

AfriForum bied bepaalde voordele en beskerming aan sy buurtwaglede en lede ontvang ook deurlopend opleiding. Inwoners wat graag by die AfriForum-buurtwag betrokke wil raak, is welkom om Fouché by 072 223 1218 te skakel.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Parys” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN