Een van die grootste oorsake van die finansiële probleme in Newcastle was die aanbou van die nuwe munisipale gebou wat meer as R100 miljoen oor die begrote bedrag beloop het. Maar volgens SW Scott, AfriForum se Newcastle-takvoorsitter, werk dié tak goed saam met die nuwe munisipale bestuurder en is daar goeie vordering om die skip weer op koers te kry. Elders is die tak besig om planne te beraam om besoedeling in die Ngaganerivier te probeer bekamp en het hulle spreiligte by ‘n plaaslike tehuis vir bejaardes aangebring om veiligheid te verskerp.