Header Artwork
AfriForum staan Viljoenskroon-boer by met herstel van damwal

AfriForum het ’n boer van Viljoenskroon gehelp om die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit te dwing om ’n damwal aan die bokant van sy grond te herstel ná die boer klagtes by die munisipaliteit ingedien het, maar geen reaksie ontvang het nie. Die damwal is deur inwoners van ’n plakkerskamp gebreek en riool het tot in die veld gevloei wat die boer se vee spontaan laat aborteer en selfs laat vrek het.

AfriForum het op 18 Junie ’n brief aan die munisipaliteit gerig waarin hul versoek is om die damwal te herstel, maar het ook geen reaksie ontvang nie. Die organisasie het toe weer op 31 Augustus ’n brief aan die munisipaliteit gerig waarin hul gemaan is om die damwal te herstel, anders sal regstappe gedoen word. AfriForum het op 10 September – ’n dag vóór die sperdatum wat aan die munisipaliteit gegee is – berig ontvang dat die damwal herstel is.

“Ons is baie dankbaar dat ons die boer kon bystaan met hierdie omgewingskrisis. Dit is baie sleg dat die munisipaliteit eers gedreig moet word voor hul reageer. Ons sal egter nie ophou om munisipaliteite tot verantwoording te roep nie; hul moet hul verpligtinge nakom,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum aan te sluit sodat ’n AfriForum-tak in Viljoenskroon gestig kan word. SMS “Viljoenskroon” na 31481 (R1) om betrokke te raak.

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN