Header Artwork
AfriForum staan eienaar van kruis by wat onder vandale deurgeloop het

AfriForum het op 10 November die eienaar van ’n wit kruis, wat vroeër vandeesmaand deur ’n joernalis in Brits, Noordwes, aan die brand gesteek is, bygestaan om ’n klag van opsetlike saakbeskadiging by die plaaslike polisiekantoor aanhangig te maak. Die kruis is aanvanklik opgerig om bewusmaking van plaasmoorde te bevorder.

’n Video is vroeër op sosiale media versprei waarin ene Nick Motloung ’n buiteband teen die wit kruis plaas, ’n vlambare vloeistof daaroor stort en dit dan aan die brand steek. Die joernalis is voortdurend aangepor deur ’n vrou wat die voorval afgeneem het.

Maroela Media het op 5 November berig dat Motloung om verskoning gevra het vir sy dade en dat hy bloot mense se aandag wou vestig op plaaswerkers se uitdagings.

“Hierdie lighartige, wederregtelike en ondeurdagte optrede mag nie ongesiens verbygaan nie. Suid-Afrika gaan gebuk onder ’n vlaag van plaasmoorde wat hartseer en pyn tot gevolg het. AfriForum sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat die reg sy gang gaan. Ons wil graag seker maak dat hierdie saak suksesvol vervolg word en ’n voorbeeld van mnr. Motloung maak wat as afskrikmiddel sal dien vir diegene wat dieselfde afskuwelike gedrag oorweeg,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN