Header Artwork
AfriForum spreek spyt uit met brandskade in Kaapstad en doen beroep op herbou   

AfriForum het met skok en spyt kennis geneem van die brandskade wat sedert gister in Kaapstad aangerig word en die brandbestryders wat in die uitvoering van hulle pligte beseer is.

AfriForum betuig simpatie teenoor almal wat eiendom verloor het en spreek lof uit vir diegene wat alles in die stryd werp om die brande onder beheer te bring. Die hoop word uitgespreek dat al die verantwoordelike persone opgespoor sal word en vir hulle skade verantwoordbaar gehou sal word sodat dit as afskrikmiddel vir ander kan dien. Verder is die vertroue dat lesse uit die tragedie geleer sal word om soortgelyke rampe in die toekoms te voorkom.

“Dit is ook ’n hartseer dag vir erfenis. Die skade wat aan die Jagger-biblioteek van die Universiteit van Kaapstad, die Rhodes-gedenkteken en Mostert se Meule aangerig is, kan nog nie volledig bepaal word nie. Wat wel duidelik is, is dat dit nie in geldwaarde bereken sal kan word nie – baie van die boek- en ander versamelings wat vernietig is, is waarskynlik onvervangbaar. Die skade laat almal in die land armer agter,” sê Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake. Sy spreek die hoop uit dat die erfenisbakens herbou sal word.

“’n Lang herstelproses lê vir almal voor wat deur die brande geraak is. AfriForum sal graag waar moontlik betrokke wees en inligting wat beskikbaar raak, deel. Ons doen ’n beroep op die publiek om te verseker dat hulle en hulle diere veilig bly en hou al die betrokkenes in ons gebede,” sluit Bailey af.

*Foto: Facebook

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN