Header Artwork
AfriForum skenk lugversorger aan kleuterskool

AfriForum se Rustenburg-tak het ’n lugversorger met ’n sterkte van 12 000 Britse Termiese Eenhede (BTU) aan die Miernes Kleuterskool in Safari Tuine geskenk. Die kleuterskool het in April sy deure geopen en die tak wou graag deur middel van hierdie skenking die kleuterskool in staat stel om op ’n optimale wyse te funksioneer en om van krag tot krag te groei. Die lugversorger het die Rustenburg-tak ongeveer R7 000 gekos.

“Instellings vir Afrikaanse Christelike opvoeding en onderrig is besig om al skaarser te word in Rustenburg. AfriForum probeer dus om bestaande en nuwe instellings van hierdie aard te ondersteun, sodat ons kultuur behoue kan bly in die gemeenskap. Dit is vir ons daarom verblydend om betrokke te wees by die Miernes Kleuterskool en ons kyk ook voortdurend waar ons ons instellings in die gemeenskap kan ondersteun. Ons wil ook graag AfriForum-lede bedank vir al hulle bydraes wat dit vir ons moontlik maak om sulke projekte aan te pak,” sê Chris Trytsman, AfriForum se Rustenburg-takvoorsitter.

Die tak versoek die gemeenskapslede en sakeondernemings om by die tak betrokke te raak om ’n selfs groter verskil in die gemeenskap te maak en soortgelyke projekte aan te pak. Lede van die gemeenskap kan by die tak betrokke raak deur die woord “Rustenburg” na 45351 te SMS (R1) of vir Chris Trytsman by 082 469 2221 te skakel.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN